’n Besope Thaise man het verdrink nadat hy in ’n rivier geval het. Die man het per ongeluk in die water beland en gespartel om sy kop bo die water te hou.

[caption id="attachment_154943" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Luidens berigte kon hy nie swem nie. Hy het om hulp geskree, maar omstanders op die toneel het eerder hul selfone uitgehaal en foto’s van die drenkeling in die sosiale media gedeel as om hom te help.

“Hoe kan hy val? Haha,” het een gebruiker by ’n foto van die desperate man in die water geskryf.

Toe die polisie eindelik op die toneel aankom, het die man reeds verdrink, berig die Chinese koerant People’s Daily.

“Hou asseblief op foto’s neem en respekteer die slagoffer," het die polisie toe glo aan die skare gesê.

Die omstanders se traak-my-nie-agtige gedrag is wyd veroordeel. ’n Onbekende persoon het glo aan die polisie gesê niemand in die groep kon swem nie, daarom kon hulle niks anders doen as om die owerhede te bel nie.

En foto’s van die voorval te neem nie.