Navorsing dui daarop dat ’n kombinasie van vetsuur-aanvullings en ’n bepaalde psigoterapieprogram vir sulke kinders verligting kan bied.

“Vorige navorsing het getoon albei het ’n positiewe uitwerking en min newe-effekte, wat ’n probleem is met baie middels wat tans vir kinders te kry is,” sê dr. Mary Fristad, ’n kliniese sielkundige by die Wexner mediese sentrum aan die Ohio-staatsuniversiteit.

Mary werk al amper twee dekades aan die benadering en was die eerste persoon wat die gesamentlike uitwerking van die twee op kinders met depressie ontleed het.

Met psigo-opvoedkundige psigoterapie leer ouers en hul kinders die simptome bestuur en emosies beheer, terwyl omega-3-vetsure ’n groot rol speel in die werking van die brein.

Bronne: Sciencedaily.com, British Medical Journal, who.org, medicalnewstoday.com, webmd.com