Tussen watter tye kan ek stem?

Die stembus is van seweuur die oggend tot negeuur die aand oop.

Hoe weet ek waar ek moet gaan stem?

Tik jou adres hier in om te kyk waar jou naaste stembus is.

Sleutel jou ID-nommer hier in om te kyk waar jy geregistreer is om te stem.

Wat moet ek saamneem?

-         Neem jou ID-boek saam.

-         As jy wil veilig wees, kan jy ook jou eie pen saamneem.

Onthou:

-         Jy moet jou kruisie so trek dat dit binne die kassie is en nie oorsteek nie.

-         Jy mag geen foto’s neem by die stembus nie.

Wat as ek probleme met my sig of gehoor het?

Die Onafhanklike Verkiesingskommisie (OVK) het ’n spesiale apparaat ontwikkel waarmee mense met gestremdhede kan stem. Vra die beamptes wat by jou stemlokaal aan diens is vir hulp. Die apparaat is beskikbaar vir die volgende gebruikers:

-         Blind en swaksiende persone.

-         Disleksiese persone.

-         Bejaardes.

-         Ongeletterde persone of persone met swak geletterdheid.

-         Persone met motor- en senuweetoestande wat hul hande se fisieke beweging belemmer.

Vir meer inligting, kontak die OVK se hulplyn: 0800-11-8000 (Maandae tot Vrydae tussen 8:00 en 17:00).

Mieke Vlok