By sy huis kom ’n mens met die intrapslag agter: Hier leef ’n man wat diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf getrap het. ’n Rak vol videobande met televisieprogramme wat onder Ollie se regie opgeneem is, staan uitgestal: Spies en Plessis, Saterdagjolyt, Liedjieboer, So Sta’ die Manne, Maak ’n Las, Kyk-innie-pot . . .

Die weer is onrustig. Ollie Viljoen kyk op na die dreigende wolke wat van Gansbaai se kant af oor Her­manus hierheen aangejaag word. Hy frons effens. “Dit gaan nou-nou reën,”’ verklaar die legendariese boeremusiek-meester.

Hy woon sedert 2007 op Sandbaai, die strandplekkie tussen Hermanus en Onrus. Dis hier waar hy rus kom vind het nadat sy vrou, Estelle (toe 56), en sy vriend Tolla van der Merwe (toe ook 56) in 2000 in ’n gru-ongeluk dood is naby Middelburg, Mpumalanga.

Die storieverteller Koos Meyer (toe 79) was daardie donker dag ook ’n passasier, en is later in die hospitaal dood. Ollie het bestuur, maar het oorleef.

“Soms is dit moeiliker. Aanvanklik was dit vreeslik, maar dit raak beter. Maar ek verlang baie na my vrou.”

Kry vandag nog Tempo Somer 2011/2012 en lees meer oor Ollie se hartseer, die paaie wat hy geloop het en dit wat hierdie 73-jarige musiekmens nog besig hou. 

Volg Huisgenoot op Twitter.