die afgelope paar weke was nie vir my maklik nie. ollie en ek was lank boesemvriende. Ons het dieselfde taal gepraat- ons het aanmekaar verstaan.

safa

Ons het van ons ontmoet het, onmiddelik gekliek oor veral musikale kultuurgoed soos magieliesberge, perskereen, mampoerstoomketels, kaapse goed...

Ek was n fan v ollie en hy was n fan van my.

in die tagtigs het ollie en ek aan ’n musiek tv program gewerk. dit was die tyd van halley se komeet. by broederstroom het ons ’n paar witsie studente teegekom. Dit was vroegoggend. Hul was  vuurwarm  en ollie het hul gevra of hul hally se komeet al gesien het? “yes, several of them several times” ons het gelag- dit was ons soort humor.

daarvandaan is ons na die prellers se ou plaas op pilindaba se grond waar eugene marais sy aste jare gewoon het. pelindaba beteken “ die einde van die argument” dis waar die marais gedenkteken is. dis ’n kampie met n gedenksteen en  met ’n kareeboom. ollie en ek het beide van die inheemse gehou. daar was  ’n indringer sering boom wat vlam gevat het. ons het dit summier  wortel en  tak uitgeroei...

SONY DSC

ek het ollie se vriendskap beide musikaal en persoonlik, ervaar in marais se woorde “wyd soos die heer se genade”.

olie se uitkyk oor die lewe was wyd en oop vir positiewe en vernuwende invloede.

hy was mensch - ’n gemütlichkeit mench. jovial en lojaal.

Hy was ’n geniale muso. trekklavier en klavier

hy hoef te rehearse het nie want hy was goed genoeg , hy kon hoor waarheen n song gaan en watter gevoel dit moet hê. En hoe dit ingekleur moet word.- hy was een  van die beste.

Ons het die vriendskappad 27/28 jaar geloop.

ons dadelik v mekaar gehou - want ons het dieselfde uitkyk op die lewe gehad. dieselfde humorsin en liefde vir ons land en kultuur - soos ons musiek.

ollie het geglo daar is net twee soorte musiek - goeie musiek en slegte musiek.

en binne die relatiewe van daardie het ollie se musiekskat deur sy vinger oor die klawers gevloei. willem en enel  het as’t ware voor my grootgeword. willem het met ’n eerste kuier dadelik die mad magazines in my huis raakgesien. ollie het die jimmy smith hammond orrel  plate gesien. enel het geweet wie in my band was en wanneer daar ’n nuweling was. met die verskeie kuiers oor die jare het ollie verwys dat ek en sy vrou estelle  nooit geskinder het nie, maar slegs feite uitgeruil het.

ollie het in sy humor soos in sy musiek nie aan grense geglo nie. “moenie ’n storie met feite bederf nie”, het hy gesê.

ons het baie musiek tv programme saam gemaak, lang paaie gery, op ’n nat nuweland gesien hoe naas die wp feitlik man alleen met ’n nat bal wen (en onlangs in die kliniek gelag oor Naas se glipsie met die uitspraak van die woord “push” over the line wat oral op facebook en whatsapp was), musiek geluister en humor gedeel. hy het my vertel en die musiek gespeel van silver de lange en my op die navorsingspad gesit vir die song. ollie was ’n musikale skatkis met sy kennis.

hy was nooit ’n musikale snobis nie. wanneer hy vertel het van ’n bekende ghitaarspeler wie se bladmusiek onderstebo was maar wie ook saam met die ander nootlesers omgeblaai het asof hy besig was om musieknote te lees, dan  was dit met deernis. want die man wat op gehoor gespeel het, was ewe goed as die ander. ollie kon beide doen. hy kon musiek voel.

op die waterfront in kaapstad het ek eenkeer  gesê ek het jazz ontgroei. ollie se oë was baie groot en van toe het hy john lennon gehaat. wel nie regtig nie, maar  dit het ’n verwysingsraamwerk tussen ons geword.

hy kon omies soos breyten en ampie coetzee wat ek gedog het was andre brink, laat dans met sy musiek.

want waar ollie was, was daar vrolikheid

toe gebeur die tragiese ongeluk waarin estelle en twee van sy beste vriende tolla en koos meyer, oorlede is, ollie was  verpletter. ek het vir hom gese wat my vriend piet botha eenkeer vir my gese het: “laat die pyn deur jou vingers vloei. “ speel jou trekkklavier en klavier al kom daar bloed uit jou vingers, maar dit gaan jou redding wees. dit was 2000 dink ek. hy het sy lewensmaat en vriende baie gemis en verlang. En  die groot verlang het nie weggegaan nie...

adqw

in 2002 het ons die eerste v verskeie anton en vrinne vertonings gedoen op aardklop en ander plekke. Met die eerste een het  my jong bushrockband seker gewonder wat is my trip met die boere trekklavierspeler omie wat ek ook genooi het. schalk joubert en barry v zyl se oë  was gou so groot as pierings. mike rennie op viool het ollie se riffs aangevoel en veilig in die gate gespeel,, anton lamour het lank geluister terwyl hy sy ghitaarpetals verstel, maar die oue en die nuwe het  verfrissend saamgekom. hy was toe nie net ’n boere musikant nie maar ’n jazzmeester.

ollie het geglo dat jantjie en waterblommetjies blues songs was en dit was hoe hy dit met die band gelewer het.die resultaat was manjefieke musiek op paadjies waarheen daai liedjies nog nie gedwaal het nie. en soos wat hy op die klawers kon improviseer, so kon hy ook met aanvoeling die minumum speel soos in “less is more” en deur die klein maar kragtige bydra die produksiewaarde vergroot. Met my bushrock  album wat as't ware boere marabi was, maw n vermenging van swart marabi musiek met boere roots, het hy onmiddelik verstaan wat aangaan en op die vibe aangehaak en gespeel..

die jong muso’s  het ollie gekoester en dit was nie lank nie toe speel hy blues rock saam met albert frost, en boeremusiektoere met valiant, op ’n snit vir zoid song, en blues met die blues broers en susters, met pietman en baie ander-    ollie as musikant was universeel en verby genre verskille en grense.

met sy 70-ste verjaardag by die amfitiater in stellenbosch het Ta' Grietjie vir Ollie gesê hy is nog nat agter die ore.

een van sy snaakste muso’stories van ollie was van die boeremusikant wat ’n zol gemaak het- hul praat v aaptwak.dus maak n aap. om te aksensueer hoe groot die zol wat gerol is was, het die muso vertel hoe groot en lank die zol was wat hul gerol het -- “ hul rol toe van aaptwak ’n bob’jaan - so lank as 'n klarinet”! n dertig rizzla-blader.

ons het mekaar gereeld gebel as die een of ander op die N13 naby bloemhof verby ’n gedenkteken vir ’n sniksanger ry waar daar regte rose en ’n ghitaar op die steen was. en baie selnommers van ’n omega maatskappy. en dan het die herman charles bosman bewondering wat ons beide gehad het, ingeskop en het ons deervol geglimlag vir die ironie. ollie was nie ’n “backtrack”-muso nie - hy was die regte egte.

een aand was ons genooi vir ’n “do” by p w botha se paleis in brynterion in pretoria. p w was nie daar nie. hul het ons op ’n begeleide toer deur die huis geneem . in die toilet het ollie en ek die ou man se hoed en kierie gesien. olllie het toe ’n great impersonizion van p w gedoen. ons het eers agterna uitgevind daar was cctv kameras in elke kamer en in die badkamer ook. sy humor en musiek en  hand aan hand gestap. En soos die meeste storievertellers het hy jou op die skouer "gepoke" gedurende die storie om seker te maak hy het nog jou aandag.

hy was ’n meester muso wat in sy vriendskap nooit geoordeel het of vooroordele gehad het nie.

hy was 'n jazz en boeremusiekkenner. hy was regisseur van  verkeie boeremusiekkompetisies op die tv en war die gilde en tradisionele manne bymekaar kom was dit boereoorlog. so op ’n konsertina manier. hy het die kuns van storievertel weer populer gemaak. dit is te danke aan hom dat met programme soos spies en plessis, maak n las en stoepstories, die kuns van storievertel in die moderne era weer herleef het.

sy sin vir humor was nie beperk tot plaaslike humor nie maar ook die britse monty python en fawlty towers se slim en donker humor. hy het hom geskeur vir die scene in fawlty towers waar die dooie hotelgas in die wasgoedmanjie beland het en die ondernemers  vir john cleese vra “what’s he doing in there”? en john cleese antwoord: “not much”

asdwq

hy was self ’n slim storieverteller.  hy was ’n slim musikant. hy was n wonderlike vriend en mens. hy het nie rehearsal of ’n  klankbalans nodig vir die hemel nie. hy stap direk stage toe. en ek is seker die vleuelklavier is hoeka reeds  perfek vir hom gestem - 'n hemelse steinway ten minste.en ’n trekklavier vir die after party.

ons het op dieselfde manier na die lewe  gekyk. Ollie se gees was inderdaad so wyd as Eugene Marais se heer se genade.   dankie my vriend. dit was ’n lang en wonderlike pad van vriendskap op alle vlakke. Applous vir ollie...