Ons hart gaan uit na die slagoffers van die tornado in Oklahoma. Minstens 91 mense is dood en honderde beseer. Terwyl daar berig word oor nog mense wat gesterf het of vermis word, het ’n bejaarde vrou aan ’n joernalis gesê “albei haar gebede is verhoor”.

“Ek het geroep na my klein hondjie en hy het nie geantwoord nie, hy het nie na my toe gekom nie; daarom weet ek hy is iewers hierbinne,” het sy gesê en na die hoop puin gewys wat voorheen haar huis was.

Een van die kameramense het ’n klein koppie gesien wat van onder die puin uitloer en die emosionele oomblik toe sy weer haar hond sien, is toe op kamera vasgevang!

-   KIRSTIN BUICK