Rescue Care het in ’n verklaring op hul Facebookblad gesê twee veghonde het die niksvermoedende vroue  op die strand naby Sloanestraat, The Bluff, aangeval terwyl hulle gestap het. “Toe Rescue Care se paramedici omstreeks 09:15 op die toneel kom, het hulle gevind twee vroue en ’n hond is aangeval terwyl hulle op die strand gestap het. “Twee veghonde het die vroue na bewering aangeval.

“Albei vroue het beserings aan hul bene opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ’n nabygeleë hospitaal geneem.”

Volgens Rescue Care is een van die vroue se honde ook gebyt en na ’n veearts daar naby geneem vir behandeling. Hul ander hond het weggehardloop. Die twee veghonde het ook ná die voorval pad gevat.