Mej. Filippyne, Pia Wurtzbach, is vanjaar se Mej. Heelal-wenner. Maar, dít eers nadat Mej. Colombië, Ariadna Gutierrez, vir sowat 30 sekondes die kroon gedra het. Lees ook: Rolene Strauss oorhandig Mej. Wêreldkroon aan mooie Mej. Spanje Soos net ’n skoonheidskoningin haar vreugdestrane elegant kan laat vloei, het Mej. Colombië haar 'titel' ontvang en die skare gaan toewuif.

Steve se grootoog-verkoning het dié oomblik omvergewerp en ’n uiters ongemaklike Mej. Filippyne moes haar kroon by die verstarde Mej. Colombië – wat inderwaarheid as die eerste prinses aangewys is – gaan afhaal.

Kyk hoe die Mej. Heelal-debakel hom afspeel: