Hy onthou die oomblik toe sy lewe verander het. Dit was ’n mistige oggend in 2006 en hy moes sy broer se motor help stoot.

“Daarna het ek op die gras neergeval. Ek het gesukkel om asem te haal en het hartkloppings gekry. Dis toe dat ek besef ek moet dringend iets doen.”

Op 27 was Peter Cilliers werkloos, oorgewig en depressief. “Ek het 130 kg geweeg en geen geld gehad nie. Ek het by my broer gebly en het elke dag net omgesit.

Ek kon tot drie sjokoladeplakke per dag eet. Dit was die laagste laagtepunt in my lewe,” vertel Peter by sy huis in Olympus in die ooste van Pretoria.

Lees die res van hierdie ongelooflike verhaal in Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.