Kim Kardashian oefen min van haar baba se geboorte af.

Die ster van Keeping Up with the Kardashians het haar strawwe program om gewig te verloor uitgestel, vertel haar persoonlike afrigter, Tracy Anderson. Kim (32) wil liewer ’n band vorm met haar dogter, North West, wat in Junie gebore is.

Die fiksheidsghoeroe, wat ook die persoonlike afrigter is van Jennifer Lopez en Gwyneth Paltrow, sê Kim oefen maar min.

Sy het aan die New York Magazine se The Cut gesê: “Sy is net die hele tyd by haar baba. Sy stel nie belang in oefen nie.”

Tracy het egter ook gesê sy het klein North ontmoet. “Sy is pragtig, sy het die mooiste vel.” Dit laat ’n mens dink dat Kim, wat tydens haar swangerskap gereeld in die gim was, stadigaan weer begin oefen het.

Die fyngeboude blonde afrigter het voorheen gesê dat Kim baie gemotiveer was om haar figuur ná die swangerskap terug te kry.

Tracy het gesê: “Baie vroue voel om jou figuur terug te kry is ’n hoë berg om uit te klim, maar nie Kim nie. Sy voel: Dis pret, ek voel wonderlik! Ek het gedink sy sal ná die swangerskap regtig bekommerd wees oor haar gewig, maar sy is nie. Sy is in babahemel.”