Sy lyk soos ’n wafferse Bridget Bardot in haar jong dae: groot blou oë wat oor ’n tenger, kaal skouer loer, ’n sensuele pruilmond wat wankel tussen soenbaar en onskuldig, en die hare wild en deurmekaar.

Maar die nuutste bom wat die modewêreld getref het, is net 10 jaar oud.

Die fyn Franse meisietjie Thylane Blondeau het die wêreld aan die gons met omstrede modefoto’s waarin sy soos ’n sexy volwasse vrou aangetrek is, op sommige foto’s selfs bostukloos.

Op een foto, wat vrylik op die internet beskikbaar is, staan sy sonder bostuk met haar dun kinderarmpies oor haar magie gevou en haar rokkie tot oor haar een heupbeen afgetrek.

Maar die jong model is só gewild dat sy vanjaar in die vooraanstaande internasionale glanstydskrif Vogue verskyn.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.