“Ek’s freakin' lief vir die plek,” het die sanger Bobby van Jaarsveld Woensdag Mosambiek se lof besing. Hy het Maandag na Mosambiek vertrek om onder meer vis te gaan vang.

Die gewilde sanger het tydens ’n nagswemsessie in die Indiese Oseaan die warm water op die proef gestel en homself duidelik gate uit geniet as mens so na die stomende foto's van hom met sy perfekte blokkiesmaag kyk.
 
Die Spieëltjie-sanger het ook ’n paar dae gelede teruggekeer van ’n besoek aan Zanzibar.
Bobby en sy sus, Karlien van Jaarsveld, verskyn Woensdae-aande op VIA (DStv-kanaal 147) in die werklikheidsreeks In Jou Skoene.