Aitsa, kyk net vir Lourdes Leon! Die popster Madonna se 19-jarige dogter het onlangs haar debuut as model gemaak in ’n advertensieveldtog vir die Britse ontwerper Stella McCartney se nuwe parfuum, Pop.

Lola + POP... I'm inspired by your spirit! X Stella #POPNOW

A photo posted by Stella McCartney (@stellamccartney) on

Sy is nie al bekende gesig in die veldtog nie. Die 17-jarige aktrise Amandla Stenberg, wat bekend is as Rue in die rolprent The Hunger Games, die Kanadese sangeres Grimes (28) en die model Kenya Kinski-Jones (23) wys in die veldtog te siene. Kenya is die Amerikaanse musikant Quincy Jones en die voormalige Duitse model Nastassja Kinski se dogter.

Lourdes, wat baie op haar ma trek, het aan die modebybel Vogue vertel hoe mense haar op sosiale media kritiseer. ‘‘Baie mense kritiseer my elke beweging. Dis belangrik vir my om nie toe te laat dat dit my lewe beheer nie.’’ Madonna is duidelik trots verby op haar oudste spruitkind. Sy het ’n foto van Lourdes se veldtog op Instagram gedeel en gesê: “Jy lyk pragtig lola leon”.

A photo posted by Madonna (@madonna) on

Stella is duidelik net so dol op Lourdes, wat die nuwe gesig van haar parfuum, Pop, is. Sy ken haar al haar hele lewe lank, het Stella op Instagram gesê. “Sy is onafhanklik, inspirerend en ’n sorglose free-spirited jong vrou. Sy is in die kollig gebore, maar haar voete is ferm op die grond!”

Lourdes is duidelik baie geheg aan haar ma. Sy het verlede jaar tatoes gekry wat die woorde “mom” en “dad” op haar vingers uitspel as ’n huldeblyk aan haar ma, Madonna, en pa, Carlos Leon.

– Lara Atson

BRONNE: TELEGRAPH.CO.UK, ETONLINE.COM

Lees ook op Huisgenoot.com:

Suidooster-temalied kry spoggerige musiekvideo

Tokai-vier stel nuwe eise kort voor tweede hofverskyning

Derick se roerende brief aan Joost

Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

Dis waarom jy nooit aartappels in die yskas moet hou nie

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel