Daar is vroeër gegons oor die 44-jarige voormalige stoeier se jongste titel, maar die tydskrif het dit eers Dinsdag bevestig.

Dwayne spog met sy gespierde lyf in ’n noupassende wit T-hemp op die voorblad van die tydskrif en erken hy is onseker oor wat nou oorbly om te bereik noudat dié eer hom te beurt geval het.
Oor sy aanvanklike reaksie op die nuus het Dwayne vertel: “Ek het gesê: ‘Dis ongelooflik.’ En toe dink ek aan hoe koel en opwindend dit is. En toe dink ek: ‘Sjoe, ons het nou basies die kruin bereik.’ Ek is nie mooi seker wat ons hierna gaan doen nie. Ek het alles bereik.” Die akteur het People se hoofopskrif op Twitter hertwiet en bygevoeg: “En ek ruik ook lekker . . . op die meeste dae. Werklik ’n eer. Sexy tyd. #SexiestManAlive.”
Die hartebreker wat 1,96 m in sy sokkies staan, het roem in die stoeikryt verwerf voor sy skuif na Hollywood. Hy het sedertdien in die Fast & Furious-flieks en San Andreas verskyn en is ook in die eersdaagse Jumanji en Baywatch te sien.

A photo posted by TEAM ROCK (@therock24) on

Dit gaan ook voor die wind in sy persoonlike lewe – Dwayne en sy meisie, Lauren Hashian, se dogter, Jasmine, is onlangs gebore. Dis Jasmine en sy 15-jarige dogter, Simone, uit sy huwelik met die vervaardiger Dany Garcia, waarop hy die trotsste is.
“Ek het oor die jare groot loopbaanveranderings gemaak wat goed uitgewerk het. Daardie groot veranderings in my lewe en my verhoudings, om ’n pa en lewensmaat te wees, het tot groot selfvertroue gelei. Ons het ’n ongelooflike gesin wat glad nie tradisioneel is nie, maar in liefde geanker is. En dis so ’n koel ding. Ek is baie trots daarop.”

A photo posted by therock (@therock) on

Dwayne volg in die voetspore van verlede jaar se sexyste man, David Beckham, en vorige wenners wat Channing Tatum, Bradley Cooper en Chris Hemsworth insluit. © Cover Media

Nog meer oor die "Rock"

A video posted by therock (@therock) on

A photo posted by therock (@therock) on

A photo posted by therock (@therock) on

A photo posted by wrestlemania (@wrestlemania93) on

A photo posted by ????? (@beautybysiva) on

A photo posted by Revestida.com (@revestidamag) on