Nie net is hy een van die mooiste mans wat jy in ’n lang tyd al teëgekom het nie, hy het boonop ’n hart vir diere.

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on

Dr. Evan Antin, 'n veearts, kom oorspronklik van Kansas City in Amerika en was as kind voortdurend op soek na wilde diere insluitend slange, skilpaaie en insekte. In ’n biografiese inskrywing op die Conejo Valley Dierehospitaal se webtuiste waar hy werk word genoem dat Evan ekologiese biologie by die Universiteit van Colorado in Boulder studeer het. Hy het ook verskeie semesters in Australië en Tanzanië deurgebring om meer van hulle ekosisteme en diere te leer.

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on
Hy het dié reptiel met twee koppe vir longontsteking behandel.

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on

Evan ondersoek ’n klein valkie. Evan het bo en behalwe sy liefde vir katte en honde ’n passie vir eksotiese diere en medisyne en hy het al met talle eksotiese diere in hul natuurlike habitat gewerk. Hy het ook al op plekke soos Nieu-Seeland, Suidoos-Asië, Suid-Amerika en Oos- en Suider-Afrika tyd deurgebring. Hy woon deesdae in Calabasas in Kalifornië saam met sy hond, Henry, en kat, Willy. Hy het ook ’n troetelakkedis, slang en ’n verskeidenheid tropiese visse. Sy ander stokperdjies is reis en skubaduik. Hy ry graag seeubord, stap en doen kragoefeninge.

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on

Evan glo selfs likkewane het drukkies nodig.

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on

Sjoe, oe-la-la!

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on

Duidelik gril hy nie maklik nie.

A photo posted by Evan Antin (@dr.evanantin) on

Te dierbaar vir woorde.
Evan en twee babahondjies by 'n diereskou.
Ons hoop die arme varkie het gou beter gevoel!

Bietjie katjie-liefde.