• Sy is amper soos Caroline Forbes. “Sy’s parmantig en sê graag goed wat mense skok. Dis soort in ’n seker opsig ook my swakheid: Ek sê graag goed wat ek liewer kon gelos het.”
  • Sy sing ook. Candice het in 2006 ’n album, Always the Innocent Ones, uitgereik.
  • Sy het saam met Miley getoer. Toe sy nog op haar musiekloopbaan gekonsentreer het, het sy as ’n agtergrondsangeres gesing vir Miley Cyrus se toer van 2008, Best of Both Worlds.
  • Sy’s verloof. Candice en The Fray se kitaarspeler, Joe King, het in 2012 begin uitgaan. Hy het haar in September die jawoord gevra. Sy het aan die tydskrif People gesê: “Ek was te skaam om hom my nommer te gee, toe het Nina (Dobrev) dit maar gedoen.”
  • Sy is al in hegtenis geneem. Hoe nou?! Candice en nog talle TVD-sterre, onder wie Nina Dobrev, is tydens ’n fotosessie langs ’n pad in hegtenis geneem omdat hulle glo motoriste gepla het. Hulle is almal beboet en later vrygelaat.
  • Sy het die oulikste bynaam. Almal op die stel noem haar Candy Cola.

- Janine Nel