Penn (23) speel die hoofrol in die riller The Stepfather wat op 1 Januarie begin draai het. Daarin speel hy Michael Harding wat van ’n militêre skool af huis toe kom. Sy ma gaan met ’n man uit wat volmaak voorkom, maar Michael is glad nie oortuig daarvan nie. “Ek dink die fliek gaan almal verbaas omdat dit toe glad nie sleg is nie,” sê Penn.

Hy sou eerder ’n musikant as ’n akteur wou wees. “Ek het van my TV ontslae geraak en meer kitaar begin speel en fokus op my musiek en skryf baie. Dis regtig my passie en ek hoop as ek aanhou sukses behaal, sal my akteursloopbaan my musiek kan finansier.”

Penn is die bekendste vir sy rol as Dan Humphrey in Gossip Girl. Hy en sy medester Blake Lively is al sedert 2007 ’n paartjie en hy klink heel romanties. “Daar moet aanvanklik ’n passievolle aantrekkingskrag wees en dit is belangrik dat dit van daar ontwikkel. Daarna kan vertroue ontwikkel. Ek het nou albei en dis ongelooflik.” Te oulik!

Ook in Hei Jy! in Huisgenoot van 7 Januarie: beroemdes wat dol is oor Twilight; beroemdes wat Twilight haat; Rihanna is dol oor spykertjies.

Op die internet

- Volg Penn op Twitter: http://twitter.com/penn_