Barack en Michelle Obama gaan Suid-Afrika, Senegal en Tanzanië tussen 26 Junie en 3 Julie besoek om Amerika se bande met Afrika besuide die Shara te versterk.

“Die besoek sal die president se verbintenis bevestig tot die verbreding van en hegter samewerking tussen die Verenigde State en die mense van Afrika besuide die Sahara om vrede en voorspoed in die gebied en wêreldwyd te bevorder,” het die Withuis in ’n verklaring gesê.

Tydens Barack se vorige besoek aan Afrika het hy net ’n paar uur in Ghana deurgebring. Die president se wortels lê in Afrika; sy pa was Keniaans. Hy het familie in Kenia, maar hy gaan nie tydens dié besoek daar aandoen nie. Michelle was al voorheen in Suid-Afrika toe sy Madiba in Junie 2011 ontmoet het.

Bronne: cnn.com, iol.co.za, whitehouse.gov