[caption id="attachment_124163" align="alignnone" width="600"]Foto: Martin de Kock Bertha sê sy aanvaar sy sal nooit rietskraal wees nie. Foto: Martin de Kock[/caption]

“Ek het aanvaar ek sal nooit rietskraal wees nie. Daardie aanvaarding bring innerlike geluk,” vertel sy. “Dis hoekom ek nie nou weer ’n spesiale dieet volg nie.”

Ons het Bertha raakgeloop by die Leriba-hotel in Centurion, waar sy besig was met die verfilming aan die rolprent O Vet!.

Hierin vertolk sy die rol van Lisa, ’n oorgewig joernalis wat ’n tydskrifstorie oor ’n gewigsverliesgroep doen. Sy sê sy kan haar met die karakter vereenselwig, “want nes Lisa het ek ook ’n obsessie met gewig gehad. Maar wanneer jy net op een ding fokus, raak jou lewe ongebalanseerd.”

Lees ook: Aitsa! Die geheim agter Karlien van Jaarsveld se nuwe styl

Die aktrise vertel haar fokus is nou nie meer net op haar gewig nie. “Ander dinge in die lewe is belangriker, byvoorbeeld jou gesinslewe. Omdat ek nou nie meer elke dag op die 7de Laan-stel hoef te wees nie, kan ek meer tyd saam met my kinders en my man deurbring.”

[caption id="attachment_124164" align="alignnone" width="600"]Foto: Martin de Kock Bertha kan ook deesdae op Radio Kansel gehoor word. Foto: Martin de Kock[/caption]

Dan vertel sy hoe lekker dit is om haar kleingoed, Kiana (9) en Brioné (5), die lewe te sien geniet.

Bertha kan ook elke Donderdagoggend op Radio Kansel gehoor word as aanbieder van die program Vreugde & Joy.

Reine Swart en Marcus Muller vertolk van die ander hoofrolle in O Vet!, wat in Oktober vanjaar uitgereik word. Die draaiboek is geskryf deur Inge Pohl Culbert en Willie Olwage behartig die regie.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Groot omstredenheid heers oor Kate se asemrowende trourok jare ná sprokiestroue

Andriëtte in die wolke ná sege by Ghoemas – al loop sy dit byna mis

Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding