Die genooide gaste kuier gesellig met ’n glasie wyn in die hand in die voorportaal van die Ster-Kinekor-kompleks in Rosebank, Johannesburg.

Dit is vanaand die wêreldpremière van Leon se 17de film,  Schuks! Your Country Needs You!

Leon en sy steelkamera is weer op hul stukke. Die onskuldige publiek, asook ’n paar bekendes soos Bobby van Jaarsveld en Peter de Villiers, is aan die ontvangkant van sy poetse.

Die gaste is lus vir ’n aand van lekker lag, maar die gesoute rolprentvervaardiger Leon Schuster is die ene senuwees.

“Mense bly my vra hoekom ek nog bang is, maar elke nuwe fliek bly ’n risiko, want die publiek bepaal of dit ’n sukses is of nie.”

Wat kan die publiek nog van hom verwag?

“Ek is nou 62. Op 64 en 66 sal daar seker nog flieks wees. En eendag wanneer ek dood is, sal my grafsteen-inskripsie ‘Schuster kon die laaste klap nie vat nie’ mense steeds vir lank daarna vermaak!”

Leon se medepoetsbakker in die fliek, Rob van Vuuren, vertel dit was ’n ongelooflike ervaring om met ’n legende soos Schuster saam te werk. “Ek het myself gedurig afgevra: Gebeur dit regtig met my?”

Schuks! Your Country Needs You! word op 29 November landswyd uitgereik.

  • Deur Jaco Hough-Coetzee en Petronell Vorster

Foto’s:

[caption id="attachment_60117" align="aligncenter" width="300"]Die sanger André Schwartz was deel van die poets wat op Bobby van Jaarsveld gebak is. Hy het sy ma, Ina, saamgebring na die première. “Ek bring haar altyd saam na sulke geleenthede. Sy is ’n goeie metgesel en ons is lekker pêlle,” vertel hy. Foto: ER Lombard Die sanger André Schwartz was deel van die poets wat op Bobby van Jaarsveld gebak is. Hy het sy ma, Ina, saamgebring na die première. “Ek bring haar altyd saam na sulke geleenthede. Sy is ’n goeie metgesel en ons is lekker pêlle,” vertel hy.
Foto: ER Lombard[/caption]

[caption id="attachment_60118" align="aligncenter" width="300"]Die akteurs Neels van Jaarsveld en Odelle de Wet groet groet volgende jaar die Binneland-sepiestel. Neels beplan om dan vir ’n rukkie Kaapstad toe te gaan om die toneelmoontlikhede daar te ondersoek, terwyl hy ook begin werk aan die toneelstuk Land Vol Skedels wat volgende jaar op die planke sal wees. Odelle het nog geen vaste planne nie. Foto: ER Lombard Die akteurs Neels van Jaarsveld en Odelle de Wet groet groet volgende jaar die Binneland-sepiestel. Neels beplan om dan vir ’n rukkie Kaapstad toe te gaan om die toneelmoontlikhede daar te ondersoek, terwyl hy ook begin werk aan die toneelstuk Land Vol Skedels wat volgende jaar op die planke sal wees. Odelle het nog geen vaste planne nie. Foto: ER Lombard[/caption]

[caption id="attachment_60123" align="aligncenter" width="300"]Die nuweling Laré Brink maak haar rolprentdeurbraak as Leon se assistent in Schuks! Your Country Needs You! “Dit was ’n groot leerskool,” vertel dié skoonheid opgewonde. En ja, sy is nog enkellopend, verklap sy. Foto: ER Lombard Die nuweling Laré Brink maak haar rolprentdeurbraak as Leon se assistent in Schuks! Your Country Needs You!
“Dit was ’n groot leerskool,” vertel dié skoonheid opgewonde. En ja, sy is nog enkellopend, verklap sy.
Foto: ER Lombard[/caption]

Kyk hier na die lokfilm: