Carrefour Argentinië het verbruikers verseker dat daar géén “ongewone” bestanddele in die koek is nie. Die kokaïen op die etiket was ’n flou grappie deur ’n werknemer van Carrefour se verskaffer.

Die koek met die foutiewe etikette is intussen van rakke verwyder.

Dit het op sosiale media gegons oor die kwessie. “Vir Carrefour is kokaïen wettig,” het ene Lilia getwiet, met verwysing na die wettiging van dagga in die buurland Uruguay.

“Pablo Escobar [’n dwelmbaron], daar bo in die hemel, dink seker: ‘Waarom het ek nie daaraan gedink nie?’” het Gustavo Ramirez op Facebook gespot.

Die Franse kleinhandelgroep het meer as 500 takke in Argentinië.

- Sapa

Sapa