Ontmoet die reëndruppelkoek, ’n byderwetse nuwe nagereg wat sedert sy bekendstelling in April vanjaar die koswêreld op hol het.

En as jy dink dié jellierige besigheid is nie werklik ’n koek nie, is jy nie alleen nie. Heelwat mense sê die unieke eetding lyk meer na ’n jellie as ’n koek, maar koskenners en die sogenaamde “koek” se skepper hou vol dis wel koek.

A photo posted by @raindropcake on

Dit bestaan uit mineraalwater en agar – ’n middel soortgelyk aan gelatien wat van alge gemaak word. Die New Yorker Darren Wong het die unieke nagereg, wat glo ’n Japannese oorsprong het, vroeër vanjaar aan eetplekke in New York bekendgestel.

“Dis glibberig en jellierig,” het een joernalis van Buzzfeed, wat die gereg beproef het, geskryf.

“Maar sodra dit in jou mond is, smelt dit weg. Dis baie meer as net jellie.” Dit proe glo nes ’n reëndruppel – ’n vars, koel sensasie in jou mond. En bevat byna geen kilojoules nie. Dit moet verkieslik voorgesit word met bruinsuikerstroop en ’n spesiale meel wat van sojabone gemaak word. Dié ekstras sal natuurlik ’n paar kilojoules bevat.

A photo posted by @raindropcake on

“Die jellierige tekstuur is tipies van Japannese kos,” sê Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus. Sy het nog nie die nuwe eetgier geproe nie, maar sê sy vermoed dit sal soos die Italiaanse nagereg panna cotta proe, net minder romerig.

“Verwag ’n koel, soet smaak in jou mond,” sê sy.

Teen sowat $8, of R125, is dit nie die goedkoopste nagereg nie. Maar ons is seker avontuurlustige eters sal dié geld betaal.

Bronne: BuzzFeed, raindropcake.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Dié skokoomblikke het sepie-kykers onlangs in hul macaroni en kaas laat stik

Moedelose ma smeek om antwoorde in ’n brief oor haar toesigstryd

Jurie Els vertel van sy groot hartseer ná SA vrou op berg Everest sterf

EKSKLUSIEF: Gospelsanger Stella slaan asems weg met nuwe musiekvideo

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was