[caption id="attachment_122146" align="alignnone" width="600"]Foto: flickr.com (Sam Azgor) Foto: flickr.com (Sam Azgor)
[/caption]

Die foto, van haar privaat dele, het intussen soos ’n veldbrand verprei en dit gons omtrent op sosiale media daaroor. Die vrou het Woensdagmiddag haar Facebook-profiel verwyder, maar as ’n mens kyk na hoe veral mans met haar die spot dryf, sal dit nog lank wees voor hierdie voorval oorwaai.

Lees ook: Is my WhatsApp-boodskappe werklik weg as ek dit uitvee?

“Ek wil net graag die geleentheid gebruik om vir ****** dankie te sê . . . Week made!”

“******, SA se eie Kardashian! You rock, jou ou stouter! ’n Vrou moet vir haar man bederfies stuur! (met duiwelgesiggie)

“Baie dringend!” skryf ’n ander. “Het enigiemand vir my ****** se nommer, asseblief? ******, as jy dalk lees: Ná die eerste foto wat ek gesien het, het ek geweet ons sal perfek wees vir mekaar, o liewe ******. Ek weet jy ken my nie, maar ek ken jou beter as wat jy dink. Diep binne-in jou weet ek daar is iets wat jy soek, en ek kan dit vir jou gee, liewe ******. Ek was by die hokkiewedstryd, maar jy was om die een of ander rede nie daar nie. Jou man was ook nie daar nie, maar ek gee nie oor hom om nie. Ek en jy sal so perfek pas. Ek kan dit klaar sien. Bel my, asseblief, as jy dalk ’n foto van my soek, ****** . Ek sal jou nooit oordeel nie, en ek sal jou gee wat jy soek, o liewe ****** Ek is lief vir jou.”

Lees ook: Dié eenvoudige truuk sal jou wys wie jou beste vriend op WhatsApp is

Daar was wel ook mense wat vir haar in die bres wou tree.

“Ek weet nie wat julle hier probeer sê nie, maar ek dink dis tyd dat iemand hierdie goedkoop senasasie stop. Weet julle julle mors met mense se lewe?”