7delaanWEB

Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan-woordvoerder, het vanoggend aan Huisgenoot bevestig SABC het Dinsdagaand môreaand (Vrydag) se episode uitgesaai.

“Die kykers is vreeslik ontsteld,” sê Rosa-Marie.

“Gisteraand (Woensdag) is die regte episode uitgesaai, maar omdat Dinsdag se episode nie uitgesaai is nie, maak alles nie sin nie. Met dié dat Vrydagaand se episode uitgesaai is, is sekere storielyne weggegee. Almal is net nou deurmekaar.

Rosa-Marie sê die 7de Laan-span het ook eers Dinsdagaand om 19:00, toe 7de Laan op die kassie is, agtergekom iets is nie reg nie. Sy moes twiets uitstuur en het agtergekom dit wat sy uitstuur en dit wat op die televisie is, stem nie ooreen nie.

“Die kykers het vinnig op Facebook geklim en laat weet iets is nie reg nie,” sê Rosa-Marie.

7de Laan sal eers later Donderdag duidelikheid van die SABC kry rakende hoe die saak reggestel gaan word en of mense Dinsdagaand se program tydens die omnibus wat oor die naweek uitgesaai gaan word, sal kan sien.