“Ons kan nie kommentaar lewer op iets wat ons nie weet hoe dit uitgelek het nie,” het die NVG-woordvoerdeer Medupi Simasiku gesê.

“ Dit is nie deur ons uitgelek nie en ons weet nie hoe dit in hulle [die media] hande beland het nie.”

Hy het reageer op verskillende verslae deur Eyewitness News (EWN) en eNCA gebaseer op dokumente wat in hul besit is.

EWN het verslag gedoen dat die staat op 13 feite gaan staatmaak om te bewys dat die lemnaeler skuldig is aan moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in Pretoria verlede jaar. Pistorius het gesê hy het gedink sy was ‘n inbreker.

EWN het gesê verklarings van bure, forensiese analise van die toneel, die na-doodse verslag en ballistiese toetse van die toiletdeur en vuurwapen maak deel uit van die Staat se 13 argumentspunte.

Volgens die uitsaaier gaan die staatsaanklaer Gerrie Nel vyf getuies roep wat gille gehoor het wat “soos beskryf in die dokumente” op dieselfde tyd as die geweerskote uitgedoof is.

Dit het voorts gesê die staat gaan argumenteer die hoeveelheid, die baan en die groepering van skote wat deur ‘n geslote deur geskiet is, kan net dui op ‘n direkte bedoeling om dood te maak.

eNCA het berig Pistorius was waarskynlik op sy stompies toe hy die skote afgevuur het, en dat dit die staat se saak van moord met voorbedagte rade ondermyn.

Volgens die dokumente in eNCA se besit ondersteun die staat se eie ballistiese kenner Pistorius se verklaring dat hy op sy stompies was. Dié kenner glo ook dat Pistorius verder as 60cm van die badkamerdeur af was, maar nader as die 1,5 meter wat die polisie vroeër gesê het.

eNCA het gesê die staat se bewyse dat Steenkamp gestaan het en na die deur gekyk het toe sy geskiet is, weerspreek sekere media-verslagte dat sy gehurk en teruggedeins het.

-Sapa