Die Victoria’s Secret-modevertoning is een van die grootste hoogtepunte op enige modeslaaf se kalender, maar vanjaar is heelparty aanhangers woedend omdat twee nuweling-modelle gesogte engelvlerke tydens die vertoning gedra het.

Die jong modelle Gigi Hadid (21) en Kendall Jenner (21) -- Kim Kardashian se halfsus, is vanjaar dié eer gegun nadat hulle verlede jaar die eerste keer deel van die vertoning was.
Dit terwyl heelparty ander modelle etlike jare deel moet wees van die vertoning voor hulle toegelaat is om engelverke as deel van hul kostuum te dra. Die engelvlerke word as ’n kenmerk beskou van ’n model se senioriteit by Victoria’s Secret -- en hoe groter die vlerke, hoe belangriker is die model.
Groot was die ontsteltenis nadat Gigi en Kendall vlerke gekry het terwyl ander modelle soos Martha Hunt al vier keer op die loopplank was en steeds nie vlerke het nie. Kendall se vlerke is glo ook groter as veteraan-Angels soos Adriana Lima s’n, wat aanhangers net so warm onder die kraag het.
Om sake te vererger is Kendall en Gigi nie heeltydse Victoria’s Secret Angels nie en is hulle net genooi om deel te wees van die vertoning, terwyl ander modelle heeltyds vir Victoria’s Secret werk en in al die modehuis se veldtogte verskyn, maar steeds nie vlerke het nie.
Nog geen van die Victoria’s Secret Angels het ’n woord gerep oor die twee nuwelinge se skielike sterstatus nie, maar as ons Kendall en Gigi was, sou ons maar ligloop. Kyk hier na 'n video van Kendall se vlerke:

A video posted by The Shade Room (@theshaderoom) on