Die departement van binnelandse sake het onlangs bekendgemaak dat die immigrasiewet gewysig is, berig Eye Witness News.

Ingevolge die wet moet persone onder 18 wat internasionaal reis nie net ’n paspoort hê nie, maar ook ’n volledige geboortesertifikaat.

Hierdie geboortesertifikaat is nie dieselfde as die standaardsertifikaat wat by geboorte uitgereik word nie. Ouers moet daarvoor aansoek doen en dit neem volgens berigte ’n hele aantal weke om uitgereik te word.

Die nuwe wetgewing sou aanvanklik reeds op 1 Julie in werking tree, maar die departement van binnelandse sake het die datum tot einde September aangeskuif om gesinne te akkommodeer wat reeds reise vir die komende skoolvakansie beplan het.

Besoek die department van binnelandse sake se webblad vir nog inligting oor geboortesertifikate.

- Mieke Vlok

Bron: Eye Witness News

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.