Amber Heard het haar lastereis teen haar eksman, Johnny Depp, se vriend Doug Stanhope laat vaar.

[caption id="attachment_132915" align="alignnone" width="600"]Johnny Depp (Foto: FayesVision/WENN.com) Johnny Depp (Foto: FayesVision/WENN.com)[/caption]

Die aktrise het die komediant Doug in Junie gedagvaar nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy in ’n venynige aanlyn aanval in ’n artikel op thewrap.com gejok het oor mishandeling in hul huwelik.

Doug het vir sy vriend in die bresse getree toe Amber op 27 Mei by die hof in Los Angeles aankom om ’n beskermingsbevel aan te vra teen die ster van Pirates of the Caribbean. Sy het ook foto’s van haar gekneusde gesig aan die nuusmedia verskaf.

Lees ook: Johnny Depp op wilde vernietigingstog in kombuis – en dis op video

Amber se regsverteenwoordigers het in haar geding teen Doug aangevoer hy het haar vals beskuldig van afpersing en “ander misdadige gedrag teenoor haar man, Johnny Depp”. Die aktrise het Doug se bewerings as “absoluut vals en lasterlik” afgemaak en bygevoeg dit het haar “geweldige skade” berokken.

Haar prokureur, Charles J. Harder, het destyds in ’n verklaring aan people.com gesê sy kliënt soek die “maksimum vergoeding wat ’n jurie kan toeken” en sy beoog om dit aan ’n gesinsgeweldorganisasie in Arizona te skenk.

Lees ook: Ai, wat het Johnny Depp nou weer aangevang?

“Die klaagster beweer mnr. Stanhope is ’n hegte vriend van Johnny Depp en dat hy in ’n gekoördineerde poging ’n hoogs lasterlike artikel oor me. Heard geskryf het vol heeltemal vals, hoogs lasterlike en baie pynlike bewerings,” het hy aangevoer.

Maar uit nuwe dokumente in TMZ.com se besit blyk dit dié regsaksie is iets van die verlede. ’n Woordvoerder van die aktrise het aan die skinderwebtuiste gesê: “Amber kyk nou vorentoe, gaan aan met haar werk en lei nou ’n normale, gelukkige lewe.”

Die akteurspaar het verlede maand ná ’n huwelik van net 15 maande hul bitter egskeiding afgehandel, waarin $7 miljoen (sowat R98 miljoen) aan die aktrise toegeken is. S het gesê sy gaan dit aan welsynsorganisasies vir mishandelde vroue skenk.

© Cover Media