The Hollywood Report berig Disney onderhandel met die skrywers van Legally Blonde en She’s The Man om ’n nuwe weergawe van die klassieke komedie te maak. Al is die storielyn in hierdie stadium nog onbekend, kan dit soortgelyk wees aan die oorspronklike fliek van 1992. In dié fliek handel die komiese komplot oor ’n sanger wat deur die Mafia gesoek word. Sy gee voor om ’n non by ’n klooster in San Franciso te wees om hulle te ontduik. Dis onbekend of Whoopi Goldblerg, ster van die destydse fliek, gaan terugkeer as Deloris of as ’n nuwe karakter. Die nuus het gemengde reaksie op Twitter ontlok.
Kyk die video onder om te sien hoekom Sister Act ’n klassieke fliek is.
Bronne: hollywoodreporter.com, dailymail.co.uk