Geraldo Parsons en Vernon Witbooi het Maandagmiddag vlugtig in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting en diefstal.

’n Derde verdagte is ook later aangekeer en sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Kaptein FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die vierde verdagte, ’n 26-jarige man van Cloetesville, word deur dieselfde klagte in die gesig gestaar.

Hannah en haar vriend Cheslin Marsh was Saterdagoggend vroeg in Stellenbosch oorval in die wit-en-blou Volkswagen Golf waarin hulle gesit het.

Cheslin het daarin geslaag om te ontsnap.

Hannah se bebloede lyk is later in Knorhoek, sowat 10 km buite Stellenbosch, gevind.