Oppas om nie jou vingers met dié witwarm someruitgawe van Huisgenoot Tempo te brand nie - twaalf van Suid-Afrika se warmste Afrikaanse-musieksterre laat die klere waai vir ’n sexy 2011-kalender!

Die uitgawe, wat van 24 November 2010 op die rak is, is die ideale Kersgeskenk vir enigeen wat van mooi musiek en mooi lywe hou! Hierdie uitgawe bevat boonop ’n gratis DVD met agt musiekvideo’s van al die finaliste in die 2010 Huisgenoot-Liedjieskryfkompetisie.

Lees ook meer oor Tempo se lieflinge, Rudi & Corlea, en wat hulle doen as hulle by die huis is. Hulle wys hul onopgesmukte kant – lank reeds pelle en doodgewone huishoenders, vertel hulle. En dié twee hou van disko-balle en partytjies.

Lesers kan ook sien wie is die finaliste in die gewilde Lookalike-kompetisie. Deur vir hul gunsteling te stem, staan lesers ook die kans om kontant te wen – ’n welkome geskenk in 'n kerskous.