Navorsers het die slang die Wolfslang gedoop omdat dit nes ’n wolf kenmerkend lang slagtande het.

Die slang se geruite swart en bruin kleur laat dit besonder goed kamoefleer en kan die rede wees waarom dit nou eers ontdek is, meen Neang.

Die slang is nie giftig nie en is na raming sowat 41 cm lank. Navorsers probeer nog bepaal wat die Wolfslang eet, maar vermoed dit kan akkedisse en paddas wees.

- Sapa