Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wou nie Sondag kommentaar lewer op bewerings dat Oscar Pistorius pornografiese webtuistes besoek het die aand wat hy sy meisie Reeva Steenkamp geskiet het nie.

Die Sunday Times het berig dat data wat verhaal is van Pistorius se selfoon, wat op die toneel gevind is, glo toon dat die lemnaler gekyk het webtuistes met pornografie en wat gebruikte motors adverteer.

Volgens die koerantberig is hierdie glo deel van die Staat se getuienis.

Die koerant het verder berig dat in ‘n reaksie op die verdediging, die NVG in hofdokumente sê: “Die beskuldigde se aanlyn-aktiwiteite van die tyd wat hulle by die huis was, is ‘n direkte kontras van ‘n liefdevolle paartjie wat tyd saam spandeer.”

Vrydag het die NVG ontken dat hulle dokumente oor Pistorius se moordverhoor aan die media laat uitlek het.

Sapa