Volgens dié Sondagkoerant het die Mededingingskommissie versoek dat die maatskappy, Hendrik Pistorius & Co, beboet word na bewerings dat die maatskappy glo sedert 1995 by ? prysvasstellingskartel in die landbousektor betrokke was.

Die maatskappy is oorspronklik deur Oscar se oupa, Hendrik, in 1944 gestig wie steeds die voorsitter is.

Die Mededingingskommissie het versoek dat die maatskappy met 10% van sy omset beboet word vir die tydperk van die beweerde prysvasstelling. Die prysvasstelling hou glo verband met kunsmisprodukte.

“Die respondente het artikel 4 (1) (b) (i) van die [Kompetisie] Wet oortree deur die aangaan van ooreenkomste en / of onderlinge praktyke om die bedrae van agente se kommissie vas te stel,” het die kommissie in sy beëdigde verklaring gesê.

Regsverteenwoordigers van Hendrik Pistorius & Co het die bewerings betwis en het gesê die saak is subjudice. Leo Pistorius, Oscar se oom, staan tans aan die hoof van die maatskappy.

“Die klag hou verband met bewerings deur ‘n ontevrede kliënt en vorige sakevennoot en dateer terug na 2008 en ons ontken alle bewerings van prysvasstelling,” het die maatskappy se regsverteenwoordigers aan die Sunday Independent gesê.

Oscar is verlede jaar skuldig bevind aan strafbare manslag in verband met die skietdood van sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentsydag in 2013. Hy dien tans tronkstraf uit.

- Sapa