’n Brief word vandeesmaand opgeveil wat melding maak van die bitterste ironie oor die Titanic se gedoemde nooiensvaart: die Titanic het ’n ander skip met ’n enkele meter gemis toe dit die hawe in Engeland verlaat. Dae daarna het dit ’n ysberg getref.

Die skip se hoofingenieur, Joseph Bell, het die brief op 11 April 1912 aan sy seun geskryf en noem hoe die skip se skroefstroom was so kragtig dat dit twee ander skepe in Southampton se ankertoue gebreek het. Een van die twee, die New York, het amper met die Titanic gebots.

“Geen skade is aangerig nie, maar dit het ’n ruk lank na moeilikheid gelyk,” het Joseph geskryf, net ’n dag voor hy en 1 500 ander hul lewe verloor het.