Hierdie model en ma van drie gaan ook Suid-Afrika by die internasionale Mev. Wêreld-kompetisie in Incheon, Suid-Korea, later hierdie week verteenwoordig. Olwethu Leshabane is as eerste prinses aangewys terwyl Lilliana Lulli-Marruchi met die titel as tweede prises weggestap het.

Claire Gardiner is aangewys as Mev. Liefdadigheid ná sy die meeste fondse ingesamel het. Haar insamelingsprojek het spesifiek CANSA bygestaan.

Die plegtigheid het Vrydagaand by Emperors Palace in Johannesburg plaasgevind. Suid-Afrika se eie Candice Abrahams, tans Mev. Wêreld en voormalige wenner van Mev. Suid-Afrika, het dit ook bygewoon.