Wanneer jy besef jy het ’n jaar se voorraad pienk babasokkies . . .

Die Australiese egpaar Sina Niakansafy en Koto Nakamura was bly toe hulle hoor hulle gaan ’n babameisie ryker word. Die toekomstige ouers het opgewonde begin voorberei om die nuwe bondeltjie vreugde te verwelkom. Hulle het selfs ’n naam vir hul babadogter gekies: Hinata. Alles was pienk tot op die dag van die bevalling toe Koto besef sy kry ’n seun pleks van ’n dogter. En haar reaksie was iets om te aanskou.

A photo posted by @ittybittyphotographytas on

“Die kosbare uitdrukking op ’n mamma se gesig wat gehoor het sy verwag ’n babameisie, maar ’n babaseun gekry het!!” lui die byskrif by die foto op Instagram.

Die foto wat die egpaar se fotograaf, Jessica Jackson, gedeel het, het sedertdien blitsvinnig versprei.

Lees ook: Kyk net hoe legendaries lyk hierdie musikale legende se baba!

“Ek het gedink almal skeer die gek,” het Koto aan Today Parents gesê. “Ek was sprakeloos en kon dit nie glo nie tot ek sy onderlyf gesien het.” Gelukkig het die verhaal ’n gelukkige einde. Ná die aanvanklike skok het die ouers hul pasgebore seun aanvaar. “Ek was ’n paar sekondes lank geskok en toe maak dit nie saak of dit ’n meisie of ’n seun is nie,” het Koto gesê. Sy het bygevoeg hulle het hom Taiga genoem, wat “groot en minsaam” in Japannees beteken.

A photo posted by @ittybittyphotographytas on

Bronne: today.com, instagram.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vermiste Japannese seuntjie wat as straf langs pad afgelaai is, gevind

‘Ek is glad nie bang nie, tannie’: Jong kankerlyer staak behandeling en stel vertroue in geloof

Is hierdie dalk Bobby se grootste aanhanger?

Jy sal nie glo hoekom kannetjie sy pa by die polisie aangekla het nie!

Wanhopige ma se geskenk vir haar siek kind gaan jou hart breek