TV-aanhangers sal bly wees om te hoor M-Net Series sal in Julie nog kanale op DStv bekendstel: M-Net Series Showcase, M-Net Series Reality en M-Net Series Zone.

Op Showcase (kanaal 113) sal nuwe seisoene van gunstelinge soos The Ellen DeGeneres Show, Pretty Little Liars en Criminal Minds uitgesaai word. Van die ander programme is Big Daddy, Castle en die Sex and the City-voorvolgreeks, The Carrie Diaries. Kyk onder vir die volledige lys.

Aanhangers van werklikheidstelevisie sal binnekort verslaaf wees aan M-Net Series Reality (kanaal 114). Dit sal die tuiste wees van programme soos So You Think You Can Dance, The Biggest Loser en Junior MasterChef.

Op M-Net Series Zone (kanaal 115) sal episodes van programme soos Private Practice, Parenthood, House “ononderbroke en rug-aan-rug” uitgesaai word. En ons TV-blogger sal bly wees om te hoor Game of Thrones sal oor hier vertoon word.

*Die programrooster en beskrywings is volgens M-Net. Let daarop dat dit enige tyd kan verander.

M-NET SERIES SHOWCASE

THE ELLEN DEGENERES SHOW X

BEGIN 9 JULIE 18:00 (nuwe episodes van Ellen sal in September begin)

The Ellen Degeneres Show is steeds die voorste geselsprogrambestemming vir lag en pret. Dit beklemtoon Ellen se eiesoortige waarnemingshumor, warmte en insig en spog met die grootste sterre van onder meer die TV-, rolprent- en musiekbedryf.

BABY DADDY II

BEGIN 9 JULIE 19:00

In Baby Daddy word ’n jong man onverwags pa toe hy by die huis kom en vind sy eksmeisie het ’n baba op sy drumpel gelos. Nou moet Ben sy losloperlewe agterlaat en met die hulp van sy beste vriende Riley en Tucker, sy broer, Danny, en sy oorbeskermende ma Bonnie sy dogter grootmaak. Seisoen twee bied nog romantiese spanning tussen Danny, Riley en Ben. Maar sal die vriende eindelik mekaar se gevoelens raaksien of sal hulle verlore raak in die bedrywigheid om baba Emma groot te maak?

CASTLE V

BEGIN 9 JULIE 19:30

Richard Castle is ’n bekende raaiselromanskrywer en die inspirasie vir sy verhale is die regte moordspeurder, Kate Beckett. Die feit dat die twee oor alles verskil, maak hul ondersoeke na gevalle wat reeds vreemd is nog interessanter. Nadat hulle nou saam gewerk het in die gevaarlikste situasies, vir die onpaar paar daar spat ’n ander soort vonk tussen hulle. In seisoen vyf moet Castle en Beckett die nadraai daarvan hanteer dat hulle voor hul gevoelens vir mekaar geswig het. Hulle sukkel om hul verhouding geheim te hou en dit is nog moeiliker toe hulle eindelik uitvind wie vir die moord op Beckett se ma verantwoordelik is.

CRIMINAL MINDS VIII

BEGIN 9 JULIE 20:30

Criminal Minds volg ’n elite span FBI-profielskepprs wat die land se mees verwronge misdadigers analiseer deur hul bewegings te voorspel voor hulle weer toeslaan. Die span bestaan uit die ervare agent David Rossi, spesiale agente Aaron Hotchner, Derek Morgan en Spencer Reid, en Emily Prentiss, ’n voormalige Interpol-agent wie se verlede haar ingehaal het. In seisoen agt werk die profielskeppers aan die saak van ’n ontsnapte moordenaar wat as The Silencer bekend staan. Die span verwelkom ook ’n nuwe lid, die taalkenner Alex Blake.

MAJOR CRIMES II

BEGIN 9 JULIE 21:30

Nadat hulle hul hoof verloor het, sukkel die speurders van Los Angeles se polisiedepartement om onder hul nuwe leier as span saam te werk. Die afdeling se nuwe kaptein, Sharon Raydor, word in beheer geplaas. Sy is vasbeslote om hul vertroue te wen en met ’n meer spangerigte benadering te lei. Aan die begin van seisoen twee moet die afdeling dadelik uitdagende en boeiende sake aanpak, onder meer dié van die moord op ’n bekende rolprentvervaardiger en ’n moord-selfdood wat dalk iets anders is wat dit op die oog af lyk.

THE CARRIE DIARIES I

BEGIN 10 JULIE 19:30

The Carrie Diaries boekstaaf die lewe van die tienerjarige Carrie Bradshaw, wat op 16 jaar sukkel om die onlangse dood van haar ma te verwerk. Haar jongste suster kom in opstand en haar pa is nie seker hoe om sy dogters alleen groot te maak nie. Carrie se beste vriende, Mouse, Maggie en Walt, help haar kop hou en die koms van die nuwe ou, Sebastian, verskaf Carrie ’n bietjie opwinding – al ding haar vyand Donna LaDonna om sy aandag mee. Net toe sy voel sy wil meer hê, word Carrie aan Manhattan bekendgestel en begin haar lewenslange liefdesverhouding met die glansryke stad.

PRETTY LITTLE LIARS III

BEGIN 10 JULIE 21:30

Pretty Little Liars volg ’n groep van die mooiste meisies in die dorp – Aria, Spencer, Hanna en Emily. Hulle het ’n donker geheim: Die waarheid oor wat met hul leier, Alison, gebeur het. Maar toe Alison dood gekry word, begin die meisies vreemde boodskappe van die geheimsinnige A kry, wat dreig om alles te onthul wat hulle wegsteek. Seisoen 3 skop af vyf maande nadat onthul is A is Mona, wat nou in ’n sanatorium opgeneem is. Die meisies dink hulle sal nie weer van haar hoor nie, tot A vir hulle ’n skokkende boodskap stuur, wat beteken hulle word steeds bedreig.

COUGAR TOWN IV

BEGIN 11 JULIE 19:00

Jules Cobb en haar gesin van vriende hou die lewe interessant en snaaks terwyl hulle mekaar deur die beste en slegste tye ondersteun. Haar buurvrou en vertroueling, Ellie, en haar man, Andy, haar sukkelende eksman, Bobby, Jules se vurige protégé, Laurie, en die aantreklike buurman, Grayson, hou altyd die wyn naby en tree nooit so volwasse of as wat hulle moet nie. In seisoen vier pas Jules en Grayson geleidelik by die getroude lewe aan, net toe Travis, Jules en Bobby se seun, besluit om sy lyf rokjagter te hou. Terwyl Ellie teruggaan werk toe, besluit Bobby om weer op afsprake te begin gaan.

ONCE UPON A TIME II

BEGIN 11 JULIE 19:30

Emma Swan se lewe is allesbehalwe ’n sprokie en daar kom ’n wonderlike wending toe Henry, die seun wat sy 10 jaar gelede verlaat het, haar opspoor. Henry sê vir Emma sy rustige dorpie is eintlik deel van ’n vloek wat deur ’n bose koningin uitgespreek is en Emma is eintlik die verlore dogter van Sneeuwitjie en ’n sjarmante prins. Sy besluit om Henry te vertrou en toe sy die waarheid ontbloot, is dit veel erger as wat sy of Henry hulle ooit sou kon voorstel. In seisoen twee vloei die werklikheid en mite ineen toe die vloek opgehef word en die sprokiekarakters begin ontwaak. Maar alles is nie pluis nie en ’n nuwe soeke na mag stel dalk die karakters in die ware lewe in die gevaar.

ARMY WIVES VII

BEGIN 11 JULIE 20:30

In Army Wives word die worstelinge, drome en vriendskappe van ’n uiteenlopende groep vroue en een man ondersoek. Claudia, Denise, Roxy, Pamela en Roland bly saam met hul gesinne op ’n weermagbasis. Hulle probeer ’n steunpilaar vir hul mans wees en dit bied opsigself uitdagings met dié dat ’n oorlog om hulle dreig. In seisoen sewe staar die groep ’n verpletterende verlies in die gesig ná die nuus van die troepe se herontplooiing in Afganistan. Intussen stel nuwe aankomelinge op die weermagbasis hulself bekend.

MAD MEN VI

BEGIN 11 JULIE 21:30

Mad Men verken die genadelose en mededingende wêreld van die advertensiewese in die 60’s. Dit volg die teenstrydige Don Draper, die invloedrykste advertensieman in die bedryf en sy kollegas. Ware menslikheid skuil dikwels onder die dekmantel van die era se tradisionele gesinswaardes. In seisoen ses is Don aan die hoof van ’n nuwe veldtog. Betty neem ’n huisgas in en Roger kry ontstellende nuus.

PARKS AND RECREATION V

BEGIN 12 JULIE 19:00

Leslie Knope werk in die afdeling parke en rekreasie en doen baie moeite om haar dorp, Pawnee, prettiger te maak. Met die hulp van haar onderdaan, Tom, haar beste vriendin, Ann, en voormalige minnaar Mark, span Leslie haar optimisme in om die dorp in ’n aanloklike bestemming te omskep. In die première van seisoen vyf gaan kuier Leslie en Andy vir April in Washington DC en Leslie is skoon oorweldig deur die stad. In Leslie se afwesigheid hou Ron ’n dankiesê-braai vir die hele personeel.

TEEN WOLF II

BEGIN 12 JULIE 19:30 (skuif van Vuzu na M-net Series Showcase)

Toe sy beste vriend hom oorreed om een nag by die woud in te gaan, val ’n weerwolf Scott McCall aan. Nadat hy gebyt is, het hy vreemde nuwe vermoëns wat ook sy lewe bemoeilik. Daarby is Scott aangetrokke tot die nuwe meisie op die dorp, wat oënskynlik ’n donker gesinsgeheim wegsteek. Seisoen twee skop af met Lydia wat vermis is. Toe die bende ontdek sy het uit die hospitaal verdwyn, begin die weerwolwe en jagters wanhopig na haar soek en ontbloot die vreesaanjaende waarheid van wat sy geword het.

GRIMM I

BEGIN 12 JULIE 20:30

In Grimm ontdek speurder Nick Burkhardt hy is ’n nasaat van ’n elite groep profielskeppers wat as Grimms bekend staan. Nick moet nou die balans behou tussen menslike en mitologiese kreature van die wêreld en probeer sy nuutgevonde roeping van sy verloofde, Juliette, en sy werkmaat, Hank Griffin, wegsteek. Namate Nick in die wêreld van mitologiese kreature en hul vyande ingetrek word, sukkel hy met sy verantwoordelikhede as ’n speurder en sy nuwe roeping as ’n Grimm.

SUPERNATURAL VIII

BEGIN 12 JULIE 21:30

Sam en Dean Winchester bestuur die familieonderneming: om alles aan te pak wat bonatuurlik is. Nadat hulle hul normale lewe laat vaar het, red die broers herhaaldelik die wêreld van die bose ten koste van hul lewens, hul gesinne, hul geestesgesondheid en hul menslikheid. In die première van seisoen agt lyk dit of Dean reggekry het om van Purgatory te ontsnap en is Castiel skoonveld. Sy geheimsinnige terugkoms na die wêreld van die lewendes word gekompliseer toe sy weersiens met Sam nie verloop soos enige van die broers verwag het nie.

1600 PENN I

BEGIN 14 JULIE 17:00

Die Gilchrists is ’n gewone Amerikaanse gesin, met een uitsondering: Hulle bly in die Withuis. As presidentsgesin het hulle baie verantwoordelikhede, maar dit raak effens ingewikkeld toe hul grille oënskynlik hul goeie bedoelings oorskadu. Nadat die president se seun vir goed van die kollege af huis toe kom, besef die staatshoof kort voor lank sy moeilikste taak is om die hoof van sy eie gesin te wees.

LAST MAN STANDING II

BEGIN 14 JULie 17:30 (skuif van M-Net 101 na M-Net Series Showcase)

Last Man Standing is ’n komediereeks wat kykers se Sondae sal opkikker. ’n Patriarg met ’n huishouding vol vroue evalueer hoe ver die moderne vrou gevorder het en wonder wat van al die mans geword het.

HOT IN CLEVELAND IV

BEGIN 14 JULIE 18:00 (skuif van M-Net 101 na M-Net Series Showcase)

Drie beste vriende van Los Angeles is op pad na Parys toe hul vlieënier in Cleveland ’n noodlanding maak. Daar ontdek die vroue dinge word ’n bietjie anders gedoen. Hulle besluit om ’n huis te huur en begin woon in die proses saam met die vurige opsigter. In seisoen vier bied ’n verwarde vrou Melanie ’n wonderlike werk aan en kry Elka die oorhand oor haar kêrel. Maar die ware fokus is op die identiteit van die geheimsinnige baba wat die vroue se lewe onverwags binnegekom het.

SMASH II

BEGIN 14 JULIE 19:30

Twee Broadway-trefferskrywers besluit om ’n musiekblyspel oor die lewe van Marilyn Monroe te skep. Hulle sou nooit kon droom dat die gesoute Ivy Lynn en die nuweling Karen Cartwright die kollig sou steel nie. Die akteurs en die stelwerkers ontdek hoe pragtig en hartverskeurend die wêreld van Broadway kan wees. In seisoen twee vier die Bombshell-span die sukses van die verhoogstuk se speeltyd in Boston. Maar terwyl Karen op die drumpel van roem staan, kan dit ten koste van Ivy wees.

COVERT AFFAIRS III

BEGIN 14 JULIE 20:30

Op haar eerste dag van opleiding by die CIA word agent Annie Walker dadelik in die veld geplaas. Toe sy haar eerste opdrag kry, kom sy gou agter al haar opleiding sal in die pos wees. En met die leiding van haar tegnoslim analis Auggie word Annie se veldtog nog gevaarliker en ingewikkelder. In seisoen drie word die span se viering van Onafhanklikheidsdag kortgeknip toe ’n motorbom een van hul medewerkers se lewe eis. Annie word onder verdenking geplaas.

NIKITA III

BEGIN 14 JULIE 21:30

In Nikita werf ’n geheime Amerikaanse program ’n gekwelde vrou as sluipmoordenaar. Jare van opleiding maak haar vaardig om enige gemors uit die weg te ruim die organisasie wil elimineer. Maar toe sy besef hoeveel onskuldige mense in die proses bendadeel word, begin Nikita haar eie oorlog teen die mense wat haar gemaak het wat sy is.

In die première van seisoen drie neem Ryan beheer van Division en saam met Nikita soek hulle ’n manier om al Division se afvallige agente bymekaar te kry. Maar hul eerste sending loop skeef toe Michael in hegtenis geneem word.

VEEP I

BEGIN 14 JULIE 22:30 (twee episodes per week)

Die voormalige senator Selina Meyer aanvaar ’n aanbod om as die vise-president van Amerika te dien, maar die pos voldoen glad nie aan haar verwagtinge nie. Washington is vol politieke speletjies en Selina en haar personeel probeer hul merk maak sonder om in die drama verstrengel te raak. Al probeer hulle baie hard om hul gunstelingprojek, die Clean Jobs Commission, ’n werklikheid te sien word, veroorsaak ’n rits misstappe dat hulle skadebeheer moet toepas in Selena se eerste amptelike optrede as vise-president.

30 ROCK VII

BEGIN 15 JULIE 19:00

Liz Lemon, die hoofskrywer vir ’n verskeidenheidsprogram, word onkant betrap toe NBC ’n nuwe hoof kry in die vorm van die charismatiese en minsame Jack Donaghy. Liz se span ondergaan verskeie veranderinge en sy word kort voor lank die hoofskrywer vir ’n bisarre parodieprogram met ongewone karakters en ’n nog ongewoner personeel. In seisoen sewe bevraagteken Liz party van Jack se swak programme vir die netwerk terwyl Jenna voorberei om die uiterste monsterbruid vir haar komende troue te wees. Intussen dwing Kenneth se verblyfsituasie met Hazel hom om Tracey se raad te vra.

PRIMEVAL I

BEGIN 15 JULIE 19:30

In Primeval: New World kan net ’n paar mense verklaar waarom dinosourusse en ander prehistoriese gediertes in die strate van hedendaagse stede begin verskyn. Die visionêre uitvinder Evan Cross en sy span kenners spoor die roofdiere na en vind ’n manier om die wêreld teen die vreemdhede te beskerm. En terwyl Evan se verlede hom op die ergste voorberei het, maak hy op die span staat net soos hulle op mekaar staat maak wanneer hulle teen van die gevaarlikste gediertes van die prehistoriese tydperk te staan kom.

DEFIANCE I

BEGIN 15 JULIE 20:30

In Defiance, wat afspeel in die jaar 2046, is die Aarde onherkenbaar en daar is nuwe reëls nadat verskeie ruimtewesens op die planeet land en ’n chaos veroorsaak. ’n Voormalige vlootsoldaat en sy aangenome dogter, ’n ruimtewese, besluit om hulle op ’n klein dorpie te vestig wat skynbaar onaangeraak is deur die konflik. Met hul aankoms besef die twee egter dinge is nie soos dit voorkom nie, met ’n reeks voorvalle wat die brose vrede bedreig waarvoor die dorp se hard baklei het.

TRUE BLOOD VI

BEGIN 15 JULIE 21:30

Ná die uitvinding van kunsbloed duik daar oral vampiere op. Op ’n klein dorpie in die Suide word die plaaslike kelnerin, Sookie Stackhouse, se lewe deurmekaargekrap deur haar verhouding met ’n aantreklike vampier, terwyl die mense en vampiere rondom haar mekaar die stryd aansê. In die sesde seisoen raak dinge opwindend toe Sookie en die res van die gevangenes uit die Authority se kampong vlug. Alcide raak die nuwe leier en Andy moet vier pasgebore mens-feëtjie-kruisings hanteer.

90210 V

BEGIN 13 JULIE 17:30 – 20:30 (3 episodes)

Die wel en weë van ’n groep skatryk kinders wat te doen kry met nuwe liefde, ou liefdes, skokkende verraad en lojaliteite wat getoets word. Die groep verken die beginjare van hul volwasse lewens en soek na antwoorde op hul vrae met net hul vriendskappe om op te steun. Die vyfde seisoen skop af wat met Dixon wat bewusteloos is ná ’n ongeluk. Annie en Ade probeer hom ondersteun, terwyl ’n niksvermoedende Adrianna besluit dis tyd om vir altyd van hom te vergeet.

CHICAGO FIRE I

BEGIN 13 JULIE 20:30 – 22:30 (3 episodes)

Chicago Fire is ’n dramareeks oor die alledaagse helde van een van Amerika se eerbaarste beroepe wat jou op die punt van jou stoel sal hou. Vir die brandbestryders, reddingspan en paramedici van Chicago Firehouse 51 is geen beroep meer stresvol of gevaarlik, maar so lonend en opwindend nie. Dié dapper mans en vroue is onder die elite groep wat eerstehandse gevaar trotseer wanneer almal ’n ander rigting hardloop. Hul optrede beteken die verskil tussen lewe en dood.

Reekse wat skuif van die huidige M-NET SERIES CHANNEL na M-NET SERIES SHOWCASE:

NEW GIRL II

Gaan voort op 10 Julie om 19:00

GLEE IV

Gaan voort op 10 Julie om 20:30

BUNHEADS II

Gaan voort op 14 Julie om 18:30

M-NET SERIES REALITY

THE JEFF PROBST SHOW I

BEGIN 9 JULIE 18:30

Die Emmy-bekroonde Jeff Probst het sy eie program, The Jeff Probst Show. Hy vermaak kykers met stories oor mense wat voluit leef en bring sy eie avontuurgees na elke episode. Die gesoute TV-aanbieder dek ’n wye reeks onderwerpevan verhoudings tot gesinsdinamika tot nuusmakers – interessante mense met interessante stories.

THE DOCTORS V

BEGIN 9 JULIE 19:30 (skuif vanaf huidige M-Net Series Channel 114 na M-Net Series Reality Channel 113 - nuwe episodes begin in November)

The Doctors is ’n uur lange program met betroubare raad oor mediese onderwerpe, gesondheid en welstand van ’n vername paneel van vier dokters. Die kenners fokus op belangrike mediese kwessies en nuwe prosedures en beantwoord ook lesers se vrae.

JUNIOR MASTERCHEF AUSTRALIA II

BEGIN 9 JULIE 20:30

In Junior MasterChef ding kinders tussen 8 en 12 mee in kookkompetisies. Hoewel daar nie in die Junior-reeks elke week mense uitgestem word nie, word vier uitgeskakel sodra die top-12 gekies word. In van die ongelooflikste uitdagings kry die kinders kans om hul kookvaardighede te wys terwyl hulle saam met bekende sjefs kook en die kans kry om ’n spul pryse te wen.

LIFE AFTER TOP CHEF I

BEGIN 9 JULIE 21:30

Life After Top Chef kyk na ons die deelnemers Richard Blais, Jen Carroll, Spike Mendelsohn en Fabio Viviani, se ervaring weg van die kameras. Dié gunstelinge onder aanhangers is besig om groot mylpale te bereik in beide hul persoonlike en professionele lewens.vRichard probeer ’n spogrestaurant in Atlanta oopmaak en Jen beplan om haar droom-restaurant in Philadelphia te open. Spike probeer om die eise van sy familie te balanseer en om sy eie paadjie te volg, en Fabio wil die “manlike Martha Stewart” word.

SO YOU THINK YOU CAN DANCE IX

BEGIN 9 JULIE 22:30 (herhaal op M-Net 101)

BIGGEST LOSER X

BEGIN 10 JULIE 20:30

Seisoen 10 skop af met ’n nuwe tema van “terugbetaling” en 21 deelnemers ding mee vir ’n plek op die plaas om top-fiks en gesond te word en hul lewens vir altyd te verander. Met vetsug wat een van die hoofoorsake van voorkombare sterftes in Amerika is, wou The Biggest Loser met dié seisoen gemeenskappe – nie net deelnemers nie – aanspoor om gesond en fiks te word. Die afrigters Bob Harper en Jillian Michaels en die aanbieder Alison Sweeney reis na sewe stede in die eerste episode en elke afrigter lei uitdagings in die gemeenskappe.

READY FOR LOVE I

BEGIN 11 JULIE 20:30 en 21:30

Drie aantreklike en suksesvolle vrygeselle kry die kans om die regte vrou te vind. Diegene wat die paartjies bymekaar moet bring, begin ’n landwye soektog na potensiële maats vir elke man wat afsit op die romantiese en mededingende reis.

Die finansier Ben Patton, musikant Tim Lopez en filantroop Ernesto Arguello maak reg om ware liefde te vind en in die proses ’n paar harte te breek wanneer hulle elke week iemand huis toe stuur.

THE FACE I

BEGIN 12 JULIE 20:30

Drie supermodelafrigters ding mee om die gesig van ULTA Beauty te vind. Onder hul ervare leiding word drie spanne voornemende modelle touwys gemaak met regte fotosessies en advertensiewerk. Die fotograaf Nigel Barker is die aanbieder en die groep hoopvolles word elke week minder tot een oorbly.

FASHION STAR I

BEGIN 12 JULIE 21:30

Beroemde mentors neem 14 onbekende ontwerpers onder hul vlerk en gee hulle ’n kans om bekend te word. Deelnemers kry elke week uitdagings en elke projek word aan ’n groep bekende klere-aankopers voorgelê. Te midde van sterk kompetisie kry ontwerpers kans om hul talente te vertoon terwyl hulle om die groot prys meeding – om hul oorspronklike reekse in drie van die land se grootste modehandelaars te kry.

REAL HOUSEWIVES OF NYC V

BEGIN 15 JULIE 20:30

The Real Housewives of NYC volg die besige lewens van ’n groep ambisieuse vroue in Manhattan terwyl hulle hul families en veeleisende beroepe met hul glansryke sosiale lewens probeer baasraak. Aviva Drescher, Carole Radziwill en Heather Thomson sluit aan by die bestaande Housewives, gravin LuAnn de Lesseps, Sonja Morgan en Ramona Singer. In die vyfde seisoen kom die Housewives goed oor die weg met hul nuwe vriendinne tot Ramona opdaag. Die spanning tussen LuAnn en Ramona veroorsaak dat Heather en Carole wonder wie hulle werklik kan vertrou.

REAL HOUSEWIVES OF ORANGE COUNTY VI

BEGIN 15 JULIE 21:30

The Real Housewives of Orange County volg die glansryke lewens van die skatryk vroue in Orange County. In hul strewe om suksesvolle entrepreneurs, uitstekende ma’s en goeie vroue te wees, is dit hul vriendskappe wat hulle deur dik en dun bymekaar hou. In die sesde seisoen berei Tamara haar voor om haar man te groet deur haar nuwe kêrel te vier. Die dames maak ook plek in hul vriendekring vir Peggy, ’n voormalige model en tuisblyma en Fernanda, ’n smeulende Brasiliaanse fiksheidsinstrukteur.

M-NET SERIES ZONE:

PRIVATE PRACTICE VI

BEGIN 09 JULIE 18:30

Private Practice gaan oor dokters wat saamwerk om hul pasiënte se lewens te verander. Addison Montgomery het ’n tuiste in Los Angeles geskep en vriende gemaak by die praktyk en dit lyk of sy eindelik ware liefde by die dokter en jare lange vriend, Sam, gevind het. Maar net toe dinge romanties begin raak, bevraagteken hul vriende of die verhouding gaan werk met Sam se eks in die omtes. Die sesde seisoen skop af met Addison wat gewoond raak aan haar nuwe lewe nadat sy ’n besluit oor Jake en Sam geneem het; Violet vrees die ergste toe Pete nie opdaag vir sy voorlopige verhoor nie; en Charlotte vra Cooper om stil te bly toe sy skokkende nuus ontvang. Intussen vier Amelia een jaar se nugterheid en Sheldon hervat ’n romanse met sy eksvrou.

PARENTHOOD III

BEGIN 09 JULIE 19:30

Parenthood gaan oor die wel en weë van die groot en onvolmaakte Braverman-gesin. Die enkelma Sarah Braverman probeer haar rebelse tienerdogter, Amber, en sensitiewe seun, Drew, self grootmaak. Die derde seisoen skop af met Sarah wat haar 40ste verjaardag vier. Julia raak ál meer gefrustreerd met die aannemingsproses en Adam voel die druk om vir sy familie te sorg.

AGAINST THE WALL

BEGIN 15 JULIE 20:30 en 21:30 (TWEE EPISODES OP MAANDAE)

Against the Wall is ’n dramareeks oor Abby Kowalski wat ná verskeie jare as doodgewone polisievrou reg is om speurder te word en dan ’n beskikbare pos in interne sake kry. Die nuwe werk veroorsaak onenigheid in haar hegte familie wat bestaan uit polisielede.

BREAKOUT KINGS II (TWEE EPISODES OP DINSDAE)

BEGIN 9 JULIE 20:30 en 21:30

Die Breakout Kings is terug en op soek na Damien, ’n genadelose en bose reeksmoordenaar. Lloyd was die dokter wat aan die saak gewerk het wat Damien vir agt jaar tronk toe gestuur het en die twee sit nie langs dieselfde vuur nie. In die middel van die ondersoek vind die groep uit Charlie het bevordering gekry en hulle is onseker oor hul toekoms en die hele program. Maar soos die soektog na Damien verdiep, tref tragedie en die oorblywende lede moet die ondenkbare verlies verwerk.

HOUSE VIII

BEGIN 10 JULIE 20:30 en 21:30 (TWEE EPISODES OP WOENSDAE)

House is ’n innoverende mediese drama waarin die skurk ’n mediese kwaal en die held ’n oneerbiedige, omstrede dokter is wat niemand vertrou nie, veral nie sy pasiënte nie. Die reeks gaan oor sy werk met ’n span kenners wat hom help om diagnostiese raaisels op te los. In die agtste seisoen het baie maande verloop sedert House met sy motor in Cuddy se sitkamer ingery het en House dien tronkstraf uit. Toe ’n mediese noodgeval sy tronkstraf kortknip, ontdek hy die landskap en hiërargie van die diagnostiese afdeling by die Princeton Plainsboro-opleidingshospitaal wat hy voorheen gewerk het, het in sy afwesigheid verander.

XIII I (TWEE EPISODES OP DONDERDAE)

BEGIN 11 JULIE 20:30 en 21:30

Nadat hy twee jaar lank onregmatig in ’n wrede kamp opgesluit was, ontsnap die geheimsinnig XIII danksy die hulp van ewe geheimsinnige bondgenote. Met net ’n paar leidrade om op te volg en sonder sy ware identiteit probeer XIII meer oor sy geheime verlede uitvind en hy word by ’n regeringskomplot betrek.

AMERICAN HORROR STORY II

BEGIN 12 JULIE 22:30

American Horror Story is dramareeks oor ’n moderne gruverhaal oor die Harmons, ’n gesin van drie wat van Boston af Los Angeles toe trek om ’n hartseer verlede te verwerk. Die tweede seisoen begin op 17 Oktober in Amerika en aanhangers regoor die wêreld hou asem op. Dit beteken M-Net Series sal dit sowat nege dae ná die Amerikaanse uitsending uitsaai.

SUITS II

BEGIN 12 JULIE 18:30 - 20:30 (3 episodes)

Mike Ross het sy studies laat vaar en terwyl hy vlug van ’n dwelmtransaksie wat skeefgeloop het, kry hy ’n werksonderhoud met die stad se beste prokureur, Harvey Specter. Harvey is moeg daarvoor om dieselfde tipe studente aan te stel en besluit om ’n kans te waag met Mike toe hy sy fotografiese geheue en rou talent raaksien. Net Harvey en sy assistent, Donna, weet Mike het nie ’n graad nie. Albei hou dit geheim van die firma se besturende vennoot, Jessica Pearson, en die agterdogtige junior vennoot, Louis Litt. Mike vind gou uit om die geheim te bewaar is nie die moeilikste deel van sy nuwe werk nie toe Harvey hom die een moeilike saak ná die ander gee.

THE AMERICANS I

BEGIN 12 JULIE 21:30 - 23:30 (3 episodes)

Die drama wentel om die ingewikkelde huwelik van twee KGB-spioene wat voorgee om doodgewone Amerikaners in Washington DC te wees kort nadat Ronald Reagan tot president verkies is.

THE GOOD WIFE IV

BEGIN 13 JULIE 18:30 - 20:30 (3 episodes)

The Good Wife is ’n boeiende mengsel van hofsake, politiek en stomende persoonlike verhoudings. In die eerste seisoen tuimel die vrou van ’n politikus se lewe ineen toe haar man by ’n seks- en korrupsieskandaal betrek word. Alicia moet haar gesin onderhou en weer gaan werk by ’n regsfirma in Chicago met Diane Lockhart en Will Gardner, ’n ambisieuse prokureur met ’n passie vir geregtigheid, aan die stuur van sake.

GAME OF THRONES II

BEGIN 12 JULIE 21:30, 22:30 en 23:30 (3 episodes)

Game of Thrones is ’n verwerking van die Amerikaanse skrywer George R.R. Martin se epiese fantasiereeks A Song of Ice and Fire. Die reeks speel af in ’n Middeleeuse fantasiewêreld met verskeie karakters wat almal deelneem aan die enigste speletjie wat saak maak – om die troon te bestyg. In dié speletjie kan jy net wen of sterf – daar is geen middeweg nie.

BLUE BLOODS III

BEGIN 14 JULIE 18:30 - 20:30 (3 episodes)

Blue Bloods is ’n dramareeks oor ’n familie van polisielede wat toegewy is daaraan om wet en orde in New York te handhaaf. Frank Reagan is die New Yorkse polisiekommissaris en hoof van beide die polisiemag en Reagan-familie. Hy bestuur sy departement so diplomaties as wat hy sy gesinsake hanteer, selfs toe hy die politiekery moet hanteer wat sy pa, Henry, in sy tyd as polisiehoof moes trotseer. Frank is trots en bekommer op sy oudste seun, Danny, ’n gesoute speurder, gesinsman en veteraan van die oorlog in Irak wat soms twyfelagtige taktiek gebruik om sake op te los.

BOSS I

BEGIN 12 JULIE 21:30 - 23:30 (3 episodes)

Burgemeester Tom Kane regeer Chicago met ’n ystervuis. Bedrog, skandaal en verraad gaan hand aan hand met Tom se manier van doen. Solank hy die werk gedoen kry, kyk die mense van Chicago anderpad. Maar hoewel het die afgelope ruk hom goed van sy taak as burgemeester gekwyt het, steek hy ’n donker geheim weg. ’n Degeneratiewe breinsiekte is besig om hom af te takel en hy kan nie sy geheue, naaste bondgenote of homself vertrou nie. Kyk hoe Tom sy man staan in die eerste seisoen van Boss.