Hulle het wenners ook verseker hulle sal van 6 Junie af uitbetaal word.

“Die oorhandigings- en oorplasingsproses van die uittredende operateur na Ithuba het bedryfsprobleme by plaaslike kleinhandelaars veroorsaak,” het die maatskappy, wat die nasionale lotery op 1 Junie oorgeneem het, Maandagaand gesê in antwoord op klagtes van gereelde spelers.

Charmaine Mabuza, hoof- uitvoerende beampte van Ithuba, sê: “Ons vra die publiek en ons kleinhandelaars moet asseblief geduldig wees terwyl ons ’n paar tydelike vertragings tydens hierdie oorgang uitstryk.”

Ihuba se oproepsentrums kan sewe dae per week gebel word: van Maandag tot Saterdag van 06:00 tot 23:00, en Sondae van 06:00 tot 18:00.

Wenkaartjies wat voor 30 Mei vanjaar gekoop is, kan vanaf 6 Junie by enige streekskantoor van Ithuba ingeruil word.

Inligting omtrent wenkaartjies en plekke waar wenkaartjies vir kontant geruil kan word, is beskikbaar by 0800-484-822 of e-pos: info@ithubalottery.co.za.

Bron: News24