The Sun het berig Pistorius (27) gaan uit met Leah Skye Malan (19), ’n student-paramedikus.

Die koerant het haar as "stunning" beskryf en haar Pistorius se "blade stunner" genoem.

The Sun het ook ’n foto gepubliseer van ’n jong donkerkop-vrou wat in ’n oorpak loop terwyl sy ’n muffin eet.

Volgens Beeld is Malan is ’n student aan die Universiteit van Johannesburg.

The Sun het berig dat hulle in Desember ontmoet tydens ’n vakansie in Mosambiek.

Malan se ouers woon blykbaar naby Potchefstroom.

Verder berig The Sun dat Pistorius hom vermom wanneer die twee uitgaan.

Bron: Beeld.com