Die man wat in hegtenis geneem is vir die verkragting van ’n vrou naby die Rhodes-gedenkteken het vorige veroordelings agter sy naam, is daar Maandag in die Wynberg-landdroshof bevestig.

[caption id="attachment_119988" align="alignnone" width="601"]Die Rhodes-gedenkteken. Foto: Wikipedia Die Rhodes-gedenkteken. Foto: Wikipedia[/caption]

Die staat het aangedui dat hul borgtog sou teenstaan in die saak teen die 35-jarige verdagte, wat hulle sê al vantevore agter tralies was, nie ’n vaste adres het nie en dalk met ander voorvalle in die gebied verbind word.

Die man het regshulp versoek.

Die slagoffer het toegekyk terwyl die beskuldige in die beskuldigdebank staan nadat sy ’n bekende gesig in die hofgalery probeer vind het.

Die verdagte is Saterdag by ’n skuilplek teen die hange van Tafelberg in hegtenis geneem. Hy staar ’n aanklag van verkragting in die gesig wat verband hou met ’n voorval op 19 November 2015.

’n Vrou (23) is aangeval en verkrag by die plaaslike landmerk en van haar persoonlike besittings beroof.

Die jongste aanval was Dinsdag toe ’n vrou langs die fietsryroete naby Prinses Anne-rylaan gehardloop en met ’n mes gedreig en die bosse ingedwing is waar sy verkrag is.

Die verkragter het haar vir ure aangehou en haar toe gedwing om saam met hom na ’n motorhawe te stap. Sy het ontsnap en is hospitaal toe geneem.

Die saak is tot 18 Maart uitgestel om ’n adres vir ’n familielid van die beskuldigde te verifieer en vir die formele borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Huisgenoot-joernalis vertel die storie van die barmhartige Samaritaan wat sy verlore beursie terugbesorg het

’n Naweek van terreur laat minstens 50 dood in twee wêreldstede

Rokers let op! Hier is waarom jy vandag nog jou laaste dampie moet slaan

Pragfoto’s: Kyk hoe skitter SA se eie Candice Abrahams as Mev. Wêreld!

Kyk: Wat sou Altus Theart en sy medespelers gedoen het as die akteursgogga nie gebyt het nie?