Die popikoon Prince het glo ’n paar dae voor sy skokafsterwe ’n oordosis Percocet-pynpille geneem en moes ná ’n noodlanding by ’n lughawe ’n noodsaaklike inspuiting kry om hom aan die lewe te hou. prince Volgens die vermaakwebtuiste TMZ se bronne het hy glo ná ’n konsert in Atlanta pynstillers gedrink. Die sanger het glo dié hoogs verslawende pynstillers vir ’n heupprobleem geneem. Hy is glo vier keer in die week voor sy dood voor ’n apteek gesien. Na wat berig word het ooggetuies gesien hoe hy geïrriteerd op en af stap terwyl hy vir iemand gewag het om sy medikasie te bring.

Die bewerings van ’n oordosis pille wat tot die sanger se dood gelei het, volg op berigte dat daar ’n nadoodse ondersoek gedoen gaan word.

Prince is glo heelwat korter in die hospitaal gehou as wat dokters aanvanklik wou gehad het. Hulle was glo bekommerd omdat dit “glad nie goed met hom gegaan het nie”.

Net die volgende dag het hy aan aanhangers by ’n konsert gesê hulle moet “ ’n paar dae wag voor hulle enige gebede op hom mors”.

Prince is in ’n hysbak by sy Painsley Park-landgoed in die deelstaat Minnesota gekry, waarna hy oorlede is.

Bronne: Daily Mail; TMZ

Ander stories op Huisgenoot.com:

Jy sal nie glo hoe mooie Rolene Strauss haar 24ste verjaardag moes begin nie!

Eksklusief: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

‘Hy’s nou by ons seun’ – Prince se eksvrou lewer roerende huldeblyk aan die man wat sy ‘altyd sal liefhê’

En daar vertrek die sonaangedrewe Solar Impulse 2 vir ’n reis om die wêreld!

Pop-ikoon sterf ná sowat drie dekades van sukses

Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is