Pierre Korkie se vrou, Yolande

Volgens Sapa het Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers in ’n verklaring gesê Al-Kaïda “kan nie uitsonderings vir ’n Suid-Afrikaner maak nie” en soek daarom steeds die losprys.

Dit is onseker of die bedrag vir Pierre se vryheid steeds R32, 5 miljoen is.

Daar is volgens bewerings geen aanduiding oor Pierre se gesondheid nie. Daar is op 25 Februarie bevestig dat hy steeds leef, maar dat sy gesondheid swak is.

Volgens Sooliman is daar gesê Pierre is doof en dat die ontvoerders met hom kommunikeer deur op ’n papier te skryf. – Sapa