Chris Chameleon se eerste aanbieding van sy nuwe Ingrid Jonker musiek- teaterproduksie “Klank van Jou Oë” was met groot lof ontvang by Aardklop 2011.

Die optredes was baie goed bygewoon en “Klank van jou Oë” was vir twee Aardklop Pryse benoem: Beeld Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk en dieClover Soveel Beter-prys vir die beste aanbieding.

Met sy twee albums, 'Ek Herhaal Jou' en 'As Jy Weer Skryf' het hy daarin geslaag om Ingrid Jonker toeganklik te maak vir die bree publiek en het hy opnuut die aandag op haar voortreflike werk gevestig.

Met 'Klank Van Jou Oë' bring Chameleon, tesame met Adriaan Brand (van ‘Springbok Nude Girls’-faam) en Riaan van Rensburg (van ‘Noot vir Noot’-faam) die verhaal van Ingrid Jonker, haar magiese woorde en die pragtige musiek wat dit inspireer op die planke in ‘n produksie wat die hart roer, die ore verbly en die gedagte aan haar huldig soos dit nog nie vantevore gedoen is nie.

Chris noem dat hierdie produksie heeltemal anders is as enige iets wat hy al voorheen aangepak het: “Daar so te sê geen humor in die produksie is nie. Tussen die liede praat ek dinge wat uit haar mond sou moes kom, asof sy is wat praat.”

Terugvoer wat Chris en sy en bestuur tydens die fees van aanhangers wat die produksie bygewoon ontvang het,  was dat “Klank van Jou Oë” een van die beste produksies is wat Chris nog  tot op hede aangebied het.

Goeie nuus vir diegene wat in Kaap omgewing woon en graag “Klank van Jou Oë sal wil sien. Dit word op Saterdag 29 Oktober aangebied by Cultivaria-fees in Paarl.  Die Solms-Delta Soetstemme tree as spesiale gaste by hierdie vertoning op.

Die Solms Delta Soetstemme is die warm hartklop van die Solms Delta Musiek van de Caab projek. Adriaan Brand wat as musikant betrokke is by “Klank van Jou Oë” is die bestuurder van dié projek. Die Soetstemme het Chris tydens een van die repetisies vir “Klank van Jou Oë’ ontmoet  en vandaar is daar besluit om saam te werk.

Die Solms Delta Soetstemme sal “Tokkelos” en “Kabouterliefde” saam met Chris op die verhoog uitvoer. Die Soetstemme is al vir n geruime tyd groot aanhangers van Chris en sien baie uit na hulle optrede saam.

Volg Huisgenoot op Twitter.