.

Dié webgebaseerde e-posdiens het die afgelope week bekendgemaak mense kan nou e-pos aan jou stuur, self al het hulle nie jou adres nie. Dit word bemoontlik deur Google se sosiale netwerk, Google+, wat nou met die e-posdiens geïntegreer word sodat inligting tussen die twee gedeel kan word.

Volgens Huffington Post waarsku kenners dié stap kan tot ’n stortvloed ongevraagde e-pos en boodskappe van vreemdelinge lei.

Kenners meen ook Google moes die funksie liewer as opsioneel aangebied het pleks dat dit outomaties in werking gestel is sonder gebruikers se toestemming.

Gelukkig kan jy met net ’n paar eenvoudige stappe dié funksie afskakel.

Gaan na die opsie “Settings” in jou Gmail, en stel jou sigbaarheid vir gebruikers onder die opsie “E-mail via Google+”. Hier kan gebruikers kies of enigiemand op Google+ hulle kan e-pos, net mense binne hul kringe of niemand nie.

Ekstra bron: Huffington Post