Die kleine juffer is skaars ’n jaar oud en gedoriewaar, sy't reeds haar eerste koninklike wuif gegee! Nuwe foto's wat pas uitgereik is, is verlede maand geneem tydens die prinsessie se eerste verskyning op die legendariese balkon van Buckingham-paleis. Dit is die einste balkon waar haar pa en ma daardie romantiese soen op hul troudag op 29 April 2011 gedeel het. Wel, om die waarheid te sê: dit was sommer twee soene!

Vir ’n oomblik kon die breërand-hoed jou flous. Hierdie foto herinner sterk aan prins William se ma, die elegante Lady Diana.
Toemaar, toemaar, prins ….. alles is onder beheer.
Terwyl Charlotte haar wuif oefen, lyk ouboet allermins beïndruk met die gedoente.
Maar sy frons het nie lank gebly nie. Daar kan net gewonder word waarin die koninklike gesin hulself so verkneukel.
’n Pragtige ma-en-dogter-oomblik vasgevang.