Foto's van ’n bloedbesmeerde badkamer en ’n bloedspoor deur Oscar Pistorius se huis het opnuut die aaklige werklikheid tuisgebring van sy meisie se skietdood.

Tog vertel die intieme foto’s op die´ bladsye wat die we^reld nou vir die eerste keer sien, ’n heel ander verhaal, een wat maklik vergete kan raak in die opskudding wat die model Reeva Steenkamp se dood veroorsaak het.

Tot 14 Februarie was die bekende lemnaeler en sy meisie ’n blykbaar sorgelose jong paartjie wat mekaar se geselskap geniet het.

Daar is al baie bespiegel oor Oscar se donker kant, sy vurige humeur en of hy getrou aan Reeva was, maar op hierdie foto’s lyk hy dolverlief op die blonde skoonheid aan sy sy.

Dit is in die laaste somer van Reeva se lewe geneem, toe haar en die Paralimpiese ster se romanse net begin ontluik het.

’n Foto wat op die Arabella-landgoed naby Hermanus geneem is, is dalk die roerendste. Daarop nestel Reeva teen Oscar se nek aan.

Huisgenoot 13 Junie 2013