Flakka is die nuutste sintetiese dwelmmiddel wat amok maak onder jong mense, vir eers nog hoofsaaklik in die Amerikaanse deelstaat Florida. Hier het die owerheid hul hande vol met mense wat dié dwelm misbruik.

Dit veroorsaak vreeslike hallusinasies en gebruikers is geneig om al hul klere af te stroop en straataf te hardloop.

Dit veroorsaak vreeslike hallusinasies en gebruikers is geneig om al hul klere af te stroop en straataf te hardloop. ’n Man van Fort Lauderdale het probeer om seks te hê met ’n boom en het aan die polisie gesê hy is vas oortuig hy is die mitiese Noorse god Thor.

Die dwelm laat ’n mens ook glo vreeslik hallusineer. ’n Gebruiker het verbete by ’n polisiekantoor probeer inbreek omdat daar glo ’n groep van sowat 25 mans agter hom aan was. Hy het later aan die polisie erken hy het flakka gerook.

Die dwelm is geredelik beskikbaar omdat dit so goedkoop is. Een “hit” kos minder as R50. Die aktiewe bestanddeel word gevind in ’n chemiese middel genaamd alpha-PVP. Dit word dan met gewone badsout gemeng.

Flakka word gewoonlik in sy kristalvorm in e-sigarette gerook. Dit laat geen reuk en kan openlik op straat gerook word. Ander gebruikers snuif dit ook of spuit dit in.

Die owerheid trap klei om die vinnige verspreiding van dié goedkoop dwelm te keer. Intussen gaan die bisarre gedrag van gebruikers daarvan voort.

Bronne: Gawker.com; Yahoo.com