Sy voormalige prokureur het begin om regsstappe in te stel om sy regsfooie van Steenkamp se voog, Bennie Heckroodt, te verkry.

The Star berig dat daar Vrydag regsdokumente in die Noord-Kaapse Hooggeregshif ingedien is rakende “gelde verskuldig”. Die presiese bedrag wat verskuldig is, is nie bekend nie.

Daar is ook ’n ooreenkoms aangegaan tussen die prokureurs dat niemand met die media oor die saak sal praat nie.

Don dien tans 20 jaar gevangenisstraf uit nadat hy laasjaar skuldig bevind is aan moord, verkragting en dwarsboming van die gereg.

Sy appl tot sy vonnis word op 9 Maart in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley aangehoor.

Bron: SAPA