“Chad was nog altyd lief vir die Kaap. Hy sal nooit in Amerika of iewers anders gaan bly nie. Sy een wens was om in die Kaap te gaan bly,” sê sy pa, Bert.

Chad het onlangs sy eie swemakademie in die Kaap bekendgestel en soek nou vir hom ’n nessie daar.

“Dis beter vir Chad. Hier het hy nou ’n groot swembad om in te oefen en hy en Cameron van der Burgh oefen gereeld saam.”

#mannequinchallenge #fifa17 #goal! #CleC A video posted by Chad Le Clos (@chadleclos92) on

Die goeie nuus kom nadat die Le Clos-gesin platgeslaan was na ’n dubbele kankerskok vir sy ma sowel as sy pa.

Prostaatkanker is by sy pa gediagnoseer en hy moes sy prostaat laat verwyder.

Sy ma, Geraldine, het by Huisgenoot se laaste besoek aan hulle in Pinetown gesê sy sou kort daarna haar laaste chemoterapie vir borskanker kry.

“Ek sit nou hier in Groenpunt en eet ’n roomys. Die Kaap is ’n wonderlike plek. Dit maak selfs vir my kalm. Dit kan net goed wees vir Chad,” sê Bert.

Bert is bekend vir die luidrugtige en eksentrieke manier waarop hy Chad langs die swembad ondersteun.

Geraldine gaan steeds woon in Pinetown, KwaZulu-Natal, maar sê hulle sal gereeld in die Kaap by Chad kom kuier.